Eu­ro­pe­ër se der­de skof­se­ge

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Die der­de skof van die Ber­g­ri­vier-ka­no­ma­ra­thon het gis­ter weer ’n na­el­rit tus­sen die SuidA­fri­ka­ner Gra­e­me So­lo­mon en die Hon­gaar A­drián Boros op­ge­le­wer.

Met ’n lae ri­vier­vlak en tal­le hin­der­nis­se moes Boros diep delf om oor die 75 km tus­sen B­rid­ge­town en Zout­kloof net­net voor die er­va­re So­lo­mon klaar te maak.

Boros het nou ’n voor­sprong van drie mi­nu­te en 20 se­kon­des oor So­lo­mon voor van­dag se laas­te skof tus­sen Zout­kloof en Veld­drif.

Dit was die Eu­ro­pe­ër se der­de skof­se­ge. ’n Bui­te­land­se roei­er kon nog nooit die Berg wen nie.

“Dit was só ’n lang dag. Ek is nie vars nie, maar ek is ook nie ge­bro­ke nie,” sê Boros.

“Ek het da­rem ’n bie­tjie e­ner­gie oor.

“Daar was baie sand­ban­ke, so ons moes die ka­no’s dra, wat dit baie moei­lik ge­maak het,” sê hy.

Die twee­stryd tus­sen Boros GAMEPLAN ME­DIA | JOHN HISHIN en So­lo­mon was tot dus­ver ’n aan­skou­li­ke een.

So­lo­mon weet wat­ter uit­da­gings van­dag wag.

“Ek moet eer­stens in die bon­del bly.

“Van daar af moet ek in staat wees om e­ni­ge fou­te wat A­dri- an maak te kan uit­buit.”

Bi­an­ca Be­a­vitt oor­heers steeds die vroue-wed­vaart.

Sy het die der­de skof van die be­gin tot ein­de oor­heers en ge­niet ’n voor­sprong van 56 mi­nu­te bo Kir­sten Pen­de­ris in die twee­de plek.

“Ek sien reg­tig uit daar­na om mô­re die brug in Veld­drif, en my ou­ers te sien,” sê die ver­de­di­gen­de vrou­e­kam­pi­oen.

Die vier­de en laas­te skof van­dag is oor 57 km tus­sen Zout­kloof en Veld­drif.

Fo­to:

A­drián Boros (links) en Gra­e­me So­lo­mon was in nóg ’n na­el­rit be­trok­ke na die eind­punt by Zout­kloof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.