O.21's te­rug op wen­pad – nou wag Ja­mai­ka

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel

Suid-A­fri­ka se o.21-net­bal­spe­lers sal nie van­dag kan ag­ter­oor sit en rus nie.

Hul­le moet plan­ne smee om Ja­mai­ka mô­re in die Wê­reld­jeug­toer­nooi in Ga­boro­ne, Botswa­na, te klop so­dat hul­le hul vyf­de plek in die wê­reld kan be­hou.

Die jong Pro­te­as het gis­ter in hul uit­speel­stryd teen U­gan­da weer op die wen­pad ge­kom ná loe­sings teen Aus­tra­lië en Ni­euSee­land. Hul­le was met 59-35 baas. Do­ret­te Ba­den­horst, die span se af­rig­ter, was baie meer te­vre­de met dié uit­slag.

“Die span het baie be­ter ge­speel as teen Aus­tra­lië en Ni­euSee­land. Die spe­lers het by die wed­stryd­plan ge­hou,” sê Ba­den­horst.

“Ja­mai­ka sal ’n groot uit­da­ging wees. Ons het die dag af om ons daar­op voor te be­rei.

“Ons sal die wed­stry­de ont­leed wat die span hier ge­speel het en uit­werk hoe om hom te troef.

“Ons is vas­be­slo­te om ons vyf­de plek van 2013 te be­hou.”

Dit gaan ’n reu­se-uit­da­ging wees om dit reg te kry.

Ja­mai­ka het S­kot­land Vry­dag met 58-45 ge­klop.

Die ei­land­vroue het die uit­speel­stry­de ge­haal om­dat hul­le Don­der­dag teen En­ge­land ver­loor het (38-55).

Ja­mai­ka se se­ni­or span is vier­de op die wê­reld­rang­lys teen­oor Suid-A­fri­ka se vyf­de plek.

Die wed­stryd teen U­gan­da was baie fi­siek. Een van sy doel­skie­ters is vir vyf mi­nu­te af­ge­stuur weens ro­buus­te spel. Die s­keids­reg­ter het la­ter die U­gan­de­se kap­tein aan­ge­sê om haar spe­lers te waar­sku.

Die Suid-A­fri­ka­ners het rus­tyd met 34-13 voor­ge­loop.

Da­nel­le Lo­ch­ner (doel) en Tal­ja Ven­ter (hulp­doel) het met meer self­ver­troue ge­speel as teen die Ki­wi’s.

Fo­to: GALLO IMAGES

Da­nel­le Lo­ch­ner, doel van die jong Pro­te­as, en U­gan­da se ver­de­di­ger, P­ri­vas Kay­e­ny, veg om bal­be­sit in Vry­dag se net­bal­wed­stryd in die Wê­reld­jeug­toer­nooi in Ga­boro­ne, Botswa­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.