Fran­se juig oor se­ge op Bas­til­le­dag

Beeld - - S­port - Tour.fr – BBC S­port, le­

Lou­is Mein­tjes van Suid-A­fri­ka be­vind hom in die ne­gen­de plek al­ge­heel ná die 13de skof van die Tour de Fran­ce.

Dié fiets­ry­er van die UAE E­mi­ra­tes-span het gis­ter twaalf­de in die 13de skof oor 101 km ge­ëin­dig.

Hy was met die aan­vang van die skof tus­sen Saint-Gi­rons en Foix in die 10de plek al­ge­heel.

Mein­tjes is 4 mi­nu­te en 51 se­kon­des ag­ter die al­ge­he­le voor­lo­per, die I­ta­li­a­ner Fa­bio Aru (Asta­na).

Die jong Rus­ten­bur­ger het die Tour ver­le­de jaar in die agt­ste plek al­ge­heel vol­tooi.

Hy is steeds twee­de in die stryd om die wit­trui ná Si­mon Ya­tes, wat nou ’n voor­sprong van twee mi­nu­te en 47 se­kon­des oor hom ge­niet.

Die Frans­man War­ren Bar­guil (Sun­web) het gis­ter sy eer­ste skof­se­ge be­haal. Hy is die eer­ste Fran­se ry­er in 12 jaar wat ’n skof op Bas­til­le-dag, Frank­ryk se na­si­o­na­le dag, wen.

Hy het ge­volg in die voet­spo­re van Da­vid Mon­cou­tié.

Bar­guil het die na­el­rit na die wen­streep ge­wen deur die 2009kam­pi­oen Al­ber­to Con­ta­dor (Seg­af­re­do) van S­pan­je, Nai­ro Quin­ta­na (Mo­vis­tar) van Co­lom­bia en nog ’n S­pan­jaard, Mi­kel Lan­da (Te­am Sky), te klop.

Chris Froome, wat Don­der­dag die geel­trui aan Aru moes af­staan, is steeds in die al­ge­he­le twee­de plek, 6 se­kon­des ag­ter Aru.

Froome het gis­ter se skof in die agt­ste plek vol­tooi, met Aru in die ne­gen­de plek.

Van­dag se 14de skof oor 181.5 km tus­sen Blag­nac en Ro­dez be­hoort ’n sterk klim­mer soos Mein­tjes soos ’n hand­skoen te pas.

Fo­to: GET­TY I­MA­GES

Suid­A­fri­ka se Lou­is Mein­tjes (heel links) in die goeie ge­sel­skap van Chris Froome (twee­de van links), Ri­go­ber­to Uran, Ro­main Bar­det en Da­niel Mar­tin in gis­ter se 13de skof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.