Aus­sies is bra lug­tig

Beeld - - Sport - – Jo­hann de Ja­ger, IKR

Al het Aus­tra­lië se vroue in ’n oe­fen­wed­stryd voor die Wê­reld­be­ker­toer­nooi mak­lik met Suid-A­fri­ka af­ge­re­ken, is hul­le nou maar ver­sig­tig vir die Pro­te­as.

Die span­ne ont­moet van­dag weer, in die laas­te ron­de van WB-groep­wed­stry­de. Al­bei span­ne het reeds vir die half­eind­ron­de ge­kwa­li­fi­seer, so die waar­de van dié krag­me­ting is eer­der die siel­kun­di­ge slag wat met ’n se­ge ge­slaan kan word.

Die Aus­sies was met 103 lo­pies aan die wen­kant in die span­ne se los­ma­ker voor die toer­nooi in Oak­ham. Hul kap­tein, Meg Lan­ning, wys daar­op dat die Pro­te­as in­tus­sen ’n paar uit­mun­ten­de ver­to­nings ge­le­wer het.

Ver­al teen die Wes-In­die­se Ei­lan­de, In­dië en Sri Lan­ka het die Suid-A­fri­kaan­se bou­l­aan­val op al­le sui­ers ge­vuur.

“Hul­le is ’n baie ge­vaar­li­ke span wat ’n paar goeie wed­stry­de in die toer­nooi ge­had het,” sê Lan­ning van Suid-A­fri­ka. “Die twee aan­vangs­bou­lers, S­ha­bim Is­mail en Ma­ri­zan­ne Kapp, is ver­al baie ge­vaar­lik.

“Ons het ook ge­sien hoe s­terk hul kolf­or­de is met (Li­zel­le) Lee aan die be­gin en Dané van Nie­kerk wat goed op dreef was. Hul­le het ’n klomp wed­stryd­wen­ners daar, so ons sal goed moet speel.”

Die span­ne het al­bei tot dus­ver een ne­der­laag ge­ly – in al­bei ge­val­le teen En­ge­land. ) Die mees­te oë sal nie van­dag op Suid-A­fri­ka en Aus­tra­lië wees nie, maar op die stryd tus­sen In­dië en Nieu-See­land in Der­by.

Die wen­ner van dié krag­me­ting sal hom by Aus­tra­lië, En­ge­land en Suid-A­fri­ka in die half­eind­ron­de aan­sluit.

Vir In­dië het sa­ke be­gin skeef­loop ná hy deur die Suid-A­fri­kaan­se bou­l­aan­val uit­me­kaar ge­ruk is. Waar die In­di­ërs hul eer­ste vier wed­stry­de ge­wen het, het hul­le se­dert­dien teen die Pro­te­as én die Aus­sies ver­loor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.