C­hee­tahs, Kings groet

Beeld - - Sport - O­wen Kock

’NTe­rug­veg­po­ging dui­send in die laas­te kwar­tier, wat twee drieë in­ge­sluit het, het die C­hee­tahs gis­ter­aand tot ’n na­el­skraap­se se­ge in hul laas­te Superrugby-wed­stryd ge­help.

Die Bloem­fon­tei­ners het daar­in ge­slaag om die Sout­hern Kings in Port E­li­za­beth met 21-20 te klop, na­dat hul­le met die rus­tyd met 3-12 ag­ter was.

Met vyf mi­nu­te speel­tyd oor het die C­hee­tahs se los­ska­kel, Niel Marais, met ’n straf­doel ge­slaag wat sy span ’n oor­win­ning be­sorg het en die Kings se par­ty­tjie be­derf het.

Drieë deur die sen­ter C­lin­ton Swart en die vleu­el Ray­mond R­hu­le het die vonk ver­skaf, maar dit was die ak­ku­ra­te stel­skop­werk van Marais wat die kas­tai­ings uit die vuur ge­krap het vir die C­hee­tahs.

Die wed­stryd, waar­in ’n glib­be­ri­ge bal sa­ke be­moei­lik het, sal nie ont­hou word vir uit­ha­ler­spel nie.

Die Kings het in ’n sta­di­um met 20-6 voor­ge­loop, maar hul dis­si­pli­ne het hul­le le­lik in die steek ge­laat.

Met die om­draai­slag het die tuis­span se slot, Gi­ant M­ty­an­da, toe­ge­slaan vir sy span se der­de drie en dit het ge­lyk of die C­hee­tahs weer aan die ver­loor­kant sou wees.

In die eer­ste helf­te het die C­hee­tahs se af­ron­ding hul­le tel­kens ge­kel­der, ter­wyl die Kings met baie self­ver­troue ge­speel het.

Die Kings het met baie meer drin­gend­heid ge­speel en toe hul­le in die C­hee­tahs se kwart­ge­bied kamp op­ge­slaan het, het hul­le dit in pun­te om­ge­ska­kel – twéé keer, om pre­sies te wees.

Die Kings het in die 26ste mi­nuut hul vuur­vre­ter-flank Chris Cloete weens ’n skou­er- be­se­ring ver­loor.

Hy het voor dit ’n oor­las van hom­self ge­maak by die af­breek­pun­te en die C­hee­tahs se ver­de­di­gers goed be­sig ge­hou.

Vir die Kings het die los­ska­kel Li­o­nel Cron­jé weer soos ’n ge­ne­raal ver­toon.

Die heel­ag­ter Mal­colm Ja­er en die vleu­el Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi was ook op hul stuk­ke, maar is goed in toom ge­hou deur hul toe­koms­ti­ge span­maats.

Pun­te­ma­kers: C­hee­tahs 21 (3): Drieë:

C­lin­ton Swart, Ray­mond R­hu­le. Doel­skop­pe: Niel Marais. Straf­doe­le: Zei­lin­ga (2), Marais. Sout­hern Kings 20 (12): Drieë: Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi, Wan­di­le M­je­ke­vu, Gi­ant M­ty­an­da, Doel­skop­pe: Li­o­nel Cron­jé. Straf­doe­le: Cron­jé.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Kings se reg­ter­vleu­el, Wan­di­le M­je­ke­vu, gaan oor vir sy span se twee­de drie in die eer­ste helf­te teen die C­hee­tahs in hul laas­te Superrugby­wed­stryd in die Baai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.