Dié Pou­blou­es dra g’n let­sels

Beeld - - Sport - Mar­nus Kok

Die feit dat G­rie­kwas die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie 15 jaar laas in die Kaap kon klop en ook ’n vo­ri­ge eind­stryd tus­sen die span­ne ver­loor het, skeel hul af­rig­ter, Pe­ter Eng­le­dow, min.

Die Pou­blou­es en die on­oor­won­ne S­treep­truie is mô­re in die eer­ste Su­perS­port-eind­stryd op Flo­ri­da­park in Ra­vens­me­ad slaags.

Eng­le­dow sê hy is be­wus daar­van dat G­rie­kwas in ja­re nie die WP in die Kaap kon klop nie. Hul laas­te oor­win­ning in die Kaap was in 2002 toe hul­le die WP in ’n wed­stryd van die des­tyd­se Vo­da­com­be­ker-reeks met 40-37 op Nu­we­land ver­slaan het.

Die WP het die Noord-Ka­pe­naars in 2013 se kwart­eind­stryd (21-13) van die reeks in die Kaap en 2012 se eind­stryd daar­van in Kim­ber­ley (20-18) ge­klop. G­rie­kwas se reg­ter­vleu­el, E­de­ries A­rend­se, was daar­die dag in 2012 die WP se lin­ker­vleu­el.

Eng­le­dow wys daar­op dat die hui­di­ge spe­lers nie in die vo­ri­ge ja­re se wed­stry­de be­trok­ke was nie en dus nie daar­die let­sels dra nie.

“Ons fo­kus op ons eie wed­stryd­plan en om dit uit te voer. Ons is ne­de­rig, maar vol ver­troue dat ons kan wen,” sê hy.

“Ons doel­wit was om die eind­stryd te be­reik, nou is ons een stap­pie daar­van weg om as kam­pi­oen ge­kroon te word. Ons is goed voor­be­reid en glo dat ons die knoop kan deur­hak.”

Die WP se agt­tal is met die in­slui­ting van die slot JD S­chic­ker­ling en stut Oli Keb­ble ver­sterk.

S­chic­ker­ling was ’n plaas­ver­van­ger vir die S­tor­mers in hul vo­ri­ge Superrugby-wed­stryd teen die Sun­wol­ves.

Keb­ble maak sy te­rug­keer tot die spel ná ’n lies­be­se­ring.

Die voor­ma­li­ge WP-spe­ler E­gon Se­conds is die s­keids­reg­ter.

WP: Craig Bar­ry, Mar­cel­lo Samp­son, Mi­chal Ha­z­nar, Brandon T­hom­son, B­jorn Bas­son, Kurt Co­le­man, God­len Ma­sim­la, Jaco Coet­zee, Jo­han du Toit, Ei­tal B­re­den­kamp (k), JD S­chic­ker­ling, Ju­rie van Vuur­en, Mi­cha­el Kum­bi­rai, C­had So­lo­mon, Oli Keb­ble. PLAASVERVANGERS: De­an Muir, Ash Wells, E­du­ard Zand­berg, Lu­ke Strin­ger, Herschel Jan­tjies, Ry­an Oost­hui­zen, Grant Her­ma­nus.

G­rie­kwas: E­ric Za­na, E­de­ries A­rend­se, Koch Marx, Ter­ti­us Kru­ger, AJ Coert­zen (k), Ge­or­ge W­hi­te­he­ad, Chris­ti­aan Mey­er, Ja­son Fra­ser, Si­as Koen, Wen­dal Wehr, Pie­ter Jan­se van Vuur­en, FP Pel­ser, E­wald van der West­hui­zen, AJ le Roux, Li­am Hen­dricks. PLAASVERVANGERS: Ma­ri­us Fou­rie, Ni­co­laas Oost­hui­zen, Jo­na­than A­den­dorf, Jo­na­than Jan­se van Rens­burg, Re­nier Bo­tha, An­dré Swarts, En­ver Brandt. S­keids­reg­ter: E­gon Se­conds. Af­skop: 14:30 (SS 4 en SS 10).

Fo­to: GALLO IMAGES

Die flank Wen­dal Wehr (regs) was een van G­rie­kwas se uit­blin­kers in die Su­perS­port­uit­daag­reeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.