Mit­chell het fi­na­le sê oor Blou Bul­le se brei­ers

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Die Blou Bul­le wag vir John Mit­chell se stem­pel van goed­keu­ring voor­dat daar vol­gen­de week ont­hul gaan word wie Nol­lis Marais se hulp­af­rig­ters in die Cur­rie­be­ker­kom­pe­ti­sie sal wees.

Ba­rend van Graan, die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) se uit­voe­ren­de hoof, het be­ves­tig daar word vir Mit­chell, wat in Mei as die Bul­le se hoof van rug­by aan­ge­stel is, se in­sae ge­wag.

“Daar is geen be­sluit ge­neem nie. Ons wag vir John voor­dat ons ’n aan­kon­di­ging sal doen.”

Die Bul­le, wat ver­le­de jaar sa­ke in die eind­stryd uit­ge­spook het, be­gin hul Cur­rie­be­ker-veld­tog vol­gen­de Sa­ter­dag in Kim­ber­ley teen G­rie­kwas.

Mit­chell, wat die lei­sels as Superrugby-hoof­af­rig­ter by Marais oor­vat in 2018, het met sy aan­stel­ling ge­sê dit is be­lang­rik dat die grond­slag vir wel­slae reeds in die Cur­rie­be­ker-reeks ge­lê word.

Daar was vroe­ër die sei­soen – nog voor­dat Mit­chell aan­ge­stel is – al spra­ke dat ver­an­de­rings be­plan word vir Marais se af­rig­ting­span.

Ga­ry Bo­tha, An­ton Le­o­nard (al­bei voor­spe­lers), Da­vid Ma­nu­el (ag­ter­lyn) en Pi­ne Pie­naar (ver­de­di­ging) is Marais se hulp­af­rig­ters.

Daar is reeds be­spie­gel dat Mit­chell die voor­ma­li­ge All Black-los­ska­kel Car­los S­pen­cer as ’n kon­sul­tant kan be­trek. S­pen­cer is ’n hulp­af­rig­ter van die Mu­na­ka­ta Sa­nix Blu­es in Ja­pan.

Dit sal in die vol­gen­de paar we­ke ook dui­de­lik wees wie voort­aan vir die Bul­le se kon­trak­te­ring ver­ant­woor­de­lik sal wees. Xan­der Jan­se van Rens­burg, die BBM se ho­ë­pres­ta­sie­be­stuur­der, het die man­daat, maar Mit­chell het aan­ge­dui hy wil nou be­trok­ke wees.

Mit­chell is in ’n pos aan­ge­stel wat nie in die Bul­le se struk­tuur be­staan het nie en daar is op die ke­per be­skou plig­te wat kan oor­vleu­el tus­sen hom en Jan­se van Rens­burg. ) Marais het Don­der­dag op die Bul­le-span­aan­kon­di­ging ge­sê die sei­soen was ’n har­de leer­skool vir hom.

Fo­to: AP

Hei­no Kuhn word gis­ter skoon­ge­boul deur S­tu­art Bro­ad op die eer­ste dag van die twee­de toets tus­sen Suid­A­fri­ka en En­ge­land.

Nol­lis Marais

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.