Ver­non en Mor­ris gee Pro­te­as hup­pel in stap

Beeld - - Sport -

ge­deel om Suid-A­fri­ka tot 309/6 te laat vor­der met die uit­skei­tyd op T­rent B­rid­ge in Not­ting­ham.

P­hi­lan­der (54*) en Mor­ris (23*) het ge­dul­dig ge­kolf en nie toe­ge­laat dat die tuis­span be­heer oor­neem nie.

Die Pro­te­as sal te­vre­de wees met die po­si­sie, maar dit kon nog be­ter ge­wees het as Hashim Am­la (78) en Quin­ton de Kock (68) nie hul paal­tjies kort ná tee weg­ge­gooi het nie.

Hoe­wel húl­le die hel­de was tus­sen mid­dag­e­te en tee, het al­bei kol­wers se on­ver­skil­li­ge houe hul goeie werk on­ge­daan ge­maak.

Dit is een van die oud­ste waar­he­de in krie­ket dat hon­derd­tal­le en groot hon­derd­tal­le deur jou to­por­de-kol­wers jou in ’n wen­po­si­sie plaas.

Net soos Joe Root se 190 die grond­slag ge­lê het vir En­ge­land se oor­win­ning in die eer­ste toets, moes óf De Kock óf Am­la hul vyf­tig­tal­le in ’n hon­derd­tal om­ge­ska­kel het.

Ja, Faf du P­les­sis (19) en Tem­ba Ba­vu­ma (20) moes na­tuur­lik ook meer by­ge­dra het, maar Am­la en De Kock is die twee kol­wers wat reeds die har­de werk ge­doen het.

De Kock het meer as ge­noeg ta­lent om op nr. 4 te kolf en hy het dit gis­ter weer be­wys. Hy het sy vyf­tig­tal van net 59 bal­le aan­ge­te­ken en die En­gel­se bou­lers on­der druk ge­plaas van die oom­blik dat hy in­ge­stap het. Dit is van on­skat­ba­re waar­de, aan­ge­sien Suid-A­fri­ka toe op die ag­ter­voet was.

De Kock moet aan­dag gee aan sy op­som­ming van die spel. ’n Kol­wer moet weet wan­neer om aan te val. Die eer­ste bal ná tee wan­neer S­tu­art Bro­ad (3/57) na jou boul, is dalk eer­der tyd om die kat uit die boom te kyk, as aan te val.

Am­la was ook skul­dig daar­aan hoe hy sy paal­tjie ver­loor het. Hy het gis­ter teen kort bal­ler ge­suk­kel.

Am­la het ’n he­le paar keer ’n bo­rand of die toon van die kolf ge­tref wan­neer hy ’n kort bal pro­beer trek of haak het en was ge­luk­kig om nie vroe­ër op die by­kant­grens ge­vang te word nie. Hy het aan­ge­hou om dié houe te speel tot hy uit­ein­de­lik Bro­ad se der­de slag­of­fer ge­word het.

De Kock (68) en Am­la (78) het 113 lo­pies van net 150 bal­le ge­mo­ker en was op pad om ’n goeie grond­slag te stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.