Cra­ven­week

Bloem­fon­tein was van­jaar die gas­heer vir die jaar­lik­se o.13­Cra­ven­week, waar al die pro­vin­sies se bes­tes me­kaar op die rug­by­veld die stryd aan­sê. El­sje du Toit en Mlungisi Louw het dit by­ge­woon.

Beeld - - Front Page -

Dit is ’n mooi Vry­staat­se og­gend. Die win­ter­son bak jou rug lek­ker warm ter­wyl die ro­ke­ri­ge reuk van sap­pi­ge boe­re­wors in die lug hang.

’n Koe­le­ri­ge brie­sie ruk-ruk aan die Co­ca-Co­la- en S­pring­bok-vlae.

Maar dit is die har­de “chaaaaaa­se” wat jou ge­dag­tes te­rug­bring tot op G­rey-kol­le­ge se rug­by­vel­de.

Hier waar Suid-A­fri­ka se toe­koms­ti­ge Je­an de Vil­liers of Be­ast M­ta­wa­ri­ra dalk met ’n rug­by­bal on­der die arm doel­lyn toe mik.

Hier waar van Suid-A­fri­ka se bes­te o.13’s me­kaar die stryd aan­sê.

Hier waar sport­ster­re ge­slyp word.

Deur dik en dun

Dit klink on­ge­loof­lik, maar ’n o.13-Cra­ven­week-wed­stryd is iet­wat me­de­din­gen­der as ’n wed­stryd tus­sen die Bok­ke en die All Blacks.

Die me­de­din­ging is nie so­seer óp die veld nie, maar eer­der on­der die tal­le “refs” en “af­rig­ters” lángs die veld wat glad nie hui­wer om hul sê te sê nie.

Kel­ly K­riek van Kroon­stad se har­de han­de­klap­pe­ry en “cha­se die bal! Cha­se die bal!” eg­go oor die veld.

Net soos 14 an­der om die veld waar die G­rif­fons die Haaie pak, het sy ook ’n geel baad­jie aan – die amp­te­li­ke drag van die G­rif­fons se on­der­steu­ners.

Sy loop op en af langs die veld en skree so hard soos sy kan vir haar Pers-span. Die are in haar nek bult soos wat sy be­ve­le gee.

Jan­nie Ma­ree, voor­sit­ter van die Geel­baad­jies, sê dit is van­jaar die 29ste jaar wat die G­rif­fons se o.13-span se on­der­steu­ners saam met hul­le by die Cra­ven­week is.

“Ons groep be­staan uit ou­ers en on­der­wy­sers van se- we ver­skil­len­de s­ko­le,” sê hy.

Kel­ly se “kom, kom, kom” is nog luid ag­ter hom.

“Maak nie saak waar die Cra­ven­week ge­hou word nie, ons is daar. En ons is die e­nig­ste in ons soort.”

El­ke keer wan­neer die Per­ses pun­te aan­te­ken, word daar ewe veel push-ups ge­doen as wat daar pun­te op die tel­bord is.

“Jonk en oud. Ons is hier vir ons span.”

Quin­tin To­mas, ’n on­der­wy­ser aan die La­er­skool Kop­pie Al­leen in Rie­beeck­stad, en Wyn­and “Trom­pie” Fou­rie, ’n on­der­wy­ser aan die La­er­skool Mer­rie­spruit in Vi­r­gi­nia, het hul geel baad­jies met kleur­vol­le hoof­tooi­sels op­ge­kik­ker. Jy kan hul­le som­mer al van ver af sien.

“Gun­ter van Rens­burg, die G­rif­fons se los­ska­kel, is in my klas,” sê Fou­rie trots.

Hy slaan ook som­mer hard op sy bors om sý klas te ei­en.

“Daai kind is ’n bees met ’n ka­non­voet. Ek is baie trots op hom.”

Maar nie een van To­mas se leer­lin­ge speel in die pers truie nie.

“Ek is net hier om te on­der­steun, want dit is wat ons doen. Ons is baie trots op die G­rif­fons.”

‘Gaan bo­oor!’

Op die B-veld is dit ’n taai stryd tus­sen die Vry­staat en die Pu­mas.

Wan­neer die kin­ders me­kaar vas­vat, kan jy som­mer hóór hoe hard hul­le tek­kel.

Pa T­hys Marx van Se­cun­da loop op en af langs die veld.

Wan­neer die Pu­mas droog­maak, haal hy sy pet van sy kop af, mom­pel iets vir hom­self ter­wyl hy sy kop skud, sit weer die pet op en klap hard han­de.

“Gaan bo-oor, Pu­mas! Booor!” kom dit kwaai van hom.

Sy seun, D­ri­co, het die skop- voet in die span. Wan­neer die tyd vir pa­le toe aan­breek, word daar luid aan­ge­moe­dig.

“Kom, D­rie­kie! Jy kan. Hou jou kop af.”

Maar in die twee­de helf­te het D­ri­co bly lê na­dat hy blyk­baar ’n hou teen die kop ge­kry het toe hy hard ge­duik is.

Pa T­hys en ma Jo­han­da was gou-gou aan sy sy.

By die me­die­se tent word D­ri­co deeg­lik on­der­soek na­dat die pa­ra­me­di­ci hom met hul gholf­kar­re­tjie daar af­ge­laai het.

T­hys en Jo­han­da staan met ’n be­kom­mer­de uit­druk­king op die ge­sig. Jo­han­da vryf kort-kort oor D­ri­co se kop.

Na­dat die dok­ter hom on­der­soek en Ma ’n paar tra­ne van haar seun se wan­ge af­ge­vee het, het D­ri­co weer sta­dig reg­op ge­kom.

Seer, pienk voe­te

Langs die ten­te waar D­ri­co be­han­del word, sê die Lui­perds en Val­ke me­kaar die stryd aan.

Daar is geen keer aan die spe­lers wan­neer hul­le met hul kaal voe­te oor die geel-groen

gras hard­loop nie.

Nie eens die koue skrik hul­le af nie.

Die Val­ke se los­ska­kel gryp die bal en skop hom net­jies kant­lyn toe.

Dit klink as­of ’n klap­per ont­plof toe voet en bal met me­kaar ken­nis maak.

Een van die G­rif­fons se o.16Grant K­ho­mo-spe­lers loop ver­by en sê aan sy pel­le: “Daai man se poot is nou pienk ná daai skop, my ou.”

Nie lank ge­le­de nie het hy ook son­der sy ste­wels ge­speel.

Ys­ter slyp ys­ter’

Hoe­wel dit nog ’n lang pad vir dié o.13-spe­lers is tot by Bo­krug­by, is die droom om een­dag daar te kom op el­ke spe­ler se ge­sig te sien.

Selfs die ou­ers droom daar­van.

“Dit is goed dat die kin­ders al so vroeg aan goeie rug­by bloot­ge­stel word,” sê Pie­ter K­noet­ze van Kaap­stad.

“Ho­pe­lik word die fon­da­ment vir goeie spe­lers hier ge­lê, want dit is waar hul­le me­kaar slyp. Ys­ter slyp ys­ter,” sê hy.

8 Beeld

Die Val­ke se o.13­span is trots om hul streek in die jaar­lik­se Cra­ven­week te ver­teen­woor­dig. “Cha­se die bal, man!” kom dit van Kel­ly K­riek van Kroon­stad ter­wyl sy die G­rif­fons aan­moe­dig. Die uit­druk­king op sy ge­sig wys hoe trots John­ny Wil­lis is om vir die G­rif­fons uit draf. Voor hul wed­stryd teen die K­waZu­lu­Na­tal­se Haaie het die Geel­baad­jies vir Per­ses ’n ton­nel­tjie ge­maak toe hul­le op die veld hard­loop.

Beeld 9 Fo­to’s: MLUNGISI LOUW

Regs: Wyn­and Fou­rie, ’n on­der­wy­ser aan die La­er­skool Mer­rie­spruit in Vi­r­gi­nia, moe­dig die G­rif­fons aan. Hy en Quin­tin To­mas (in die bril se len­se), ’n on­der­wy­ser aan die La­er­skool Kop­pie Al­leen in Rie­beeck­stad, is deel van die Geel­baad­jies, wat el­ke jaar die o.13­G­rif­fons by die Cra­ven­week on­der­steun. Twee o.13­Cra­ven­week­spe­lers se ska­du­wee wys dat hul­le be­sig is met op­war­ming voor hul wed­stryd. Ka­be­lo Te­ka­ne van die G­rif­fons stuit Zan­der Coet­zee van die K­waZu­lu­Na­tal­se Haaie in sy spo­re. Van­jaar se o.13­Cra­ven­ en o.16­Grant K­ho­mo­week is by G­rey­kol­le­ge in Bloem­fon­tein aan­ge­bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.