Om ’n wit man te wees

Jy kan pro­beer om weg te hard­loop of af­stand te doen van die rol wat die ge­skie­de­nis skyn­baar op jou af­ge­dwing het, maar dit werk nooit heel­te­mal nie. In Suid­A­fri­ka, só voel dit vir hom, sal jy ’n ter­mi­naal po­li­ties ver­dag­te wit man bly, skryf

Beeld - - Front Page - Da­nie Marais. Marais is ’n dig­ter, vry­skut­joer­na­lis en ­om­roe­per, en die be­stuur­der van PEN A­fri­kaans.

My pro­bleem is dat dit voel of wat ek voel en skryf nie saak maak nie om­dat ek hier ’n ter­mi­naal po­li­ties ver­dag­te wit man sal bly en el­ders nooit meer as ’n wit vlug­te­ling sal wees nie.

Bou­wer Bosch se on­lang­se a­po­lo­gie vir a­part­heid op YouTu­be het my om­ge­krap.

Nie pri­mêr om­dat ek dink hy is na­ïef en kan nie ver­sko­ning vra vir iets wat an­der men­se in die ver­le­de ge­doen het nie.

Ook nie net om­dat baie van die kom­men­taar in re­ak­sie op sy a­po­lo­gie so bit­ter en ha­tig was nie.

Ek glo nie my me­ning oor dié san­ger-ak­teur-aan­bie­der se a­po­lo­gie of die re­ak­sie daar­op sal e­ni­ge van hier­die ein­de­lo­se dis­koer­se in ’n nu­we rig­ting stuur of ge­na­dig­lik be­ëin­dig nie.

Ek is heel­te­mal be­reid om Bosch die voor­deel van die twy­fel te gee en te aan­vaar hy het op­reg­te, goeie be­doe­lings ge­had. Om si­nies te wees hier­oor is mak­lik, maar ’n mors van tyd.

Wat my eint­lik ont­stel, is dat ek Bosch se po­ging tot ver­soe­ning in­tu­ï­tief be­gryp het as die siel­kun­di­ge simp­toom van ’n on­be­hol­pe, wit des­pe­raat­heid wat ek on­ge­luk­kig baie goed ver­staan.

Die bes­te ma­nier vir my as bles­sit­se wit A­fri­kaan­se skry­wer om meer ge­nu­an­seerd te ver­dui­de­lik wat ek be­doel, is deur To­ny Ho­ag­land se “W­hi­te W­ri­ter” uit sy bun­del Ap­pli­ca­ti­on for Re­le­a­se from the D­re­am (2015) vry in A­fri­kaans te ver­taal:

Wit skry­wer

Dit is ui­ter­aard ’n ka­te­go­rie waar­van ek be­wus ge­maak word el­ke nou en dan. Daar is aan my uit­ge­wys dat my ka­rak­ters baie graag lek­ker eet en ge­reeld pak­kies van A­ma­zon ont­vang. En tog hou ek niks daar­van om ge­sien te word as ’n wit skry­wer nie. Wan­neer ek my boe­ke aan­tref in die “Wit Let­ter­kun­de”-af­de­ling van die boek­win­kel of wan­neer ek uit­ge­nooi word om te praat oor “Die stand van wit let­ter­kun­de in A­me­ri­ka” voel ek ont­steld – ek het ge­dink ek skryf oor meer as dit. Be­las­ting­op­ga­wes, S­paan­se les­se, voor­ty­di­ge e­ja­ku­la­sie, frik­ka­del­le en sit­koms: die vrees vir oud­word. Ek weet dis vir le­sers be­lang­rik om hul eie le­wens ge­trou weer­spie­ël op ’n blad­sy te sien – dit laat hul­le be­sef hul­le is nie

al­leen nie. Die kuns wat dit verg om daar­die soort troos te skep is nie iets wat ek ge­ring­skat nie. Maar met­ter­tyd be­gin jy voel wit is al wat jy ooit sal wees. En ge­lei­de­lik, ná al jou in­ner­li­ke ver­set, na­dat jy jou eie vrees ge­proe het – die vrees dat jy net is wat jy is, aan­vaar jy. En dan leun jy met nu­we vas­be­ra­den­heid vo­ren­toe en jy skryf wit­ter en wit­ter.

Dít is ’n ge­dig waar­mee ek graag nie so erg sou wou i­den­ti­fi­seer nie.

Want nee, ek is nie trots daar­op om ’n wit, A­fri­kaan­se man te wees nie. Ek is ook geen­sins skaam daar­oor nie.

Ra­si­o­neel weet ek daar is niks wat ek kan be­reik deur ont­ken­ning of skuld­ge­voe­lens of deur ver­sko­ning te vra aan die een of an­der on­peil­ba­re mas­sa of en­ke­le per­soon nie.

My pro­bleem is ge­woon dat ek op ’n kna­en­de ir­ra­si­o­ne­le vlak nog nooit so be­wus ver­werp­lik man­lik, wit en A­fri­kaans ge­voel het soos nou nie. Dis ’n be­klem­ming wat soort­ge­lyk is aan de­pres­sie en pa­ra­noia.

Ek kan dit nie een­vou­dig weg­re­de­neer nie – selfs al vind ek dit op ’n an­der vlak snaaks dat ’n ou sis­sie soos ek nou skie­lik in sy 40’s so man­lik voel.

In my jeug was my pro­bleem dat ek nooit man­lik ge­noeg ge­voel het nie, maar nou hoef ek nie eens meer baie te drink om te weet hoe on­her­roep­lik man­lik ek is nie.

My pro­bleem is nou dat dit voel of wat ek voel en skryf nie saak maak nie om­dat ek hier ’n ter­mi­naal po­li­ties ver­dag­te wit man sal bly en el­ders nooit meer as ’n wit vlug­te­ling sal wees nie.

Mis­kien is dit ge­woon hoe dit is vir ’n dig­ter om aan die ont­vang­kant van ’n his­to­rie­se vorm van po­ë­tie­se ge­reg­tig­heid te wees.

Die dra­ma­tie­se i­ro­nie ont­gaan my nie.

Ek is baie be­wus daar­van dat ek dees­dae so be­wus van my kleur en ge­slag is soos mil­joe­ne voor­heen on­der­druk­tes ge­du­rig teen wil en dank van hul “ver­keer­de” kleur en/of ge­slag be- wus moes wees.

Ek be­sef ook ek is steeds ob­jek­tief ge­spro­ke bit­ter be­voor­reg en dat daar nog ho­pe wit mans is wat wit mans van die S­pur tot in die Wit­huis ’n sleg­te naam gee.

Dalk smaak ek nou eers werk­lik op pyn­lik leer­sa­me wy­se ’n snars van die mag­te­lo­se frus­tra­sie van so­veel men­se in so­veel an­der tye en/of plek­ke wat ge­voel het hul­le sal maar al­tyd in die oë van die mag­heb­bers van die dag net ’n vrou, net ’n h****t, ’n k****r, ’n k****e, ’n m**d, ’n mof­fie, ’n hoer of ’n mal mens of wat­ter an­der ka­te­go­rie van Die An­der ook al wees.

Dees­dae voel dit eg­ter of al­mal in Suid-A­fri­ka sta­dig­aan on­sig­baar dog merk­baar wit­ter en swar­ter en brui­ner en meer In­di­ër en meer bui­te­lan­der en meer vrou­lik of man­lik word as wat hul­le tien jaar ge­le­de nog was.

En dit maak my on­ge­mak­lik, ter­wyl ver­skeie an­der groe­pe dit dalk juis as be­vry­dend er­vaar om i­den­ti­tei­te te vier wat voor­heen as min­der­waar­dig be­han­del is.

Dís hoe­kom ek ’n vreem­de, ver­skeur­de, moont­lik mis­plaas­te me­de­lye met Bosch se o­pen­ba­re a­po­lo­gie het.

As ek ge­dink het ’n stel­ling­na­me op YouTu­be of el­ders sou e­ni­ge voor­heen of tans be­na­deel­de groep of land of mens ’n guns kon be­wys, en dat daar­die stel­ling my ook be­ter sou laat voel het oor my kleur en ge­slag en ge­skie­de­nis of nóg ’n Co­li­gny kon ver­hoed, sou ek dit da­de­lik ge­doen het.

Maar ’n ver­sko­ning wat as’t wa­re ver­gif­nis uit die an­der par­ty dwing, is geen wa­re di­a­loog nie.

Le­o­nard Co­hen sing in “A T­hou­sand Kis­ses Deep”: “I guess they won’t ex­chan­ge the gif­ts / That you we­re me­ant to keep.”

En his­to­rie­se, wit, man­li­ke be­voor­reg­ting is een van daar­die ge­laai­de ge­sken­ke – net soos e­ni­ge an­der kon­fi­gu­ra­sie van die kleur, klas en ge­slag waar­in jy ge­bo­re word.

Jy kan pro­beer om weg te hard­loop of af­stand te doen van die rol wat die ge­skie­de­nis skyn­baar op jou af­ge­dwing het, maar dit werk nooit heel­te­mal nie.

Die mens is, soos die fi­lo­soof Alas­dair Ma­cIn­ty­re in Af­ter Vir­tue skryf, “es­sen­ti­al­ly a story­tel­ling a­ni­mal”.

Om sin te maak van wie jy is, moet jy vir jou­self ’n oor­tui­gen­de sto­rie ver­tel van waar jy van­daan kom en hoe jy by die sto­rie in­pas.

En wan­neer ek dink hoe Die groot A­fri­kaan­se hel­de­boek van my kin­der­dae sta­dig maar se­ker be­gin lyk het na “Die groot A­fri­kaan­se skur­ke­boek”, weet ek nie wat­ter sto­rie om vir my­self te spin waar­in ek nie met ’n ir­re­le­van­te bek vol tan­de ein­dig nie.

As ek aan­vaar dat my voor­ou­ers ba­sies an­der bank­ro­wers se bank be­roof het en dat dít is hoe­kom ek lek­ker be­skermd groot­ge­word het, waar laat dit my?

Is daar ’n vorm van bre­ë­bors­wit man­lik­heid waar­mee jy kan i­den­ti­fi­seer? Is ek dalk net John­ny Cash se “A Boy Na­med Sue”?

Vir die meer­der­heid van my land­ge­no­te is die pyn van wit, be­voor­reg­te mans waar­skyn­lik die on­gel­dig­ste, ig­no­reer­baar­ste ka­te­go­rie van pyn op die pla­neet; niks meer as die tra­gi­ko­mie­se klein­se­rig­heid van ’n boon­tjie wat nie hou van sy loon­tjie nie.

Daar­die per­spek­tief laat my voel dat ek nie in die o­pen­baar be­hoort toe te gee dat dit my kwel nie.

Mis­kien is dit wel tyd vir “die wit man” om uit­ein­de­lik stil te bly en te luis­ter. Maar wan­neer ek stil word en luis­ter na al die woe­de en el­len­de, voel ek sleg­ter oor al­les.

So, ek dag ek sê maar net. Mi­se­ry li­kes com­pa­ny.

Il­lus­tra­sie: JACO GROBBELAAR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.