Ses van die bes­tes wink vir Ve­nus (37)

Beeld - - Front Page -

Se­re­na Wil­li­ams glo haar ou­sus Ve­nus gaan die Wim­ble­don-ti­tel vir nog ’n jaar in die ge­sin hou wan­neer sy van­dag met Gar­bi­ne Mu­gu­ru­za te doen kry in die vroue-eind­stryd.

Die 37-ja­ri­ge Ve­nus het die B­rit­se ten­nis­spe­ler Jo­han­na Kon­ta Don­der­dag in die half­eind­ron­de ge­klop om haar ne­gen­de eind­stryd op Wim­ble­don te be­reik.

Se­re­na, die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, wat die toer­nooi mis­loop om­dat sy ver­wag­tend is, glo haar sus­ter kan haar ses­de Wim­ble­don-en­kel­spel­ti­tel wen.

“Ek moet dit glo en ek weet sy moet dit ook glo. Ons werk so­veel ja­re lank al vir oom­blik­ke soos hier­die en ek is reg­tig baie bly om haar ont­hal­we,” het Se­re­na, wat reeds 23 Grand Slam­ti­tels op haar kerf­stok het, ge­sê.

“Ek is trots op haar. Sy is ’n on­ge­loof­li­ke per­soon en is só ou­lik. Sy het al deur so­veel din­ge ge­gaan, maar ons staan steeds ag­ter haar.”

Ve­nus het S­j­ö­gren-sin­droom te bo­we ge­kom, as­ook ver­skeie be­se­rings, om die eer­ste keer se­dert 2009 weer ’n Wim­ble­don­eind­stryd te haal.

Se­re­na glo haar sus­ter se tri­omf sal an­der in­spi­reer wat aan daar­die siek­te ly.

“Sy het deur haar siek­te ge­veg en dit sal so baie be­te­ken, nie net vir haar nie, maar ook vir an­der wat met die­self­de siek­te stry om te be­sef dat dit wel oor­kom­baar is,” sê sy.

“Jy kan deur­maak wat jy deur­maak en steeds bo uit­kom.”

S­j­ö­gren-sin­droom is ’n ou­toim­muun­siek­te wat meest­al vroue bó 40 jaar be­ïn­vloed. Dit ver­oor­saak dat jou im­mu­ni­teit­stel­sel die klie­re aan­val wat tra­ne en spoeg ver­vaar­dig.

Ge­volg­lik lei dit tot ska­de aan die klie­re en ver­oor­saak ’n droë mond en oë. Dit kan an­der de­le van die lig­gaam ook be­ïn­vloed soos om jou baie moeg te maak, ’n chro­nie­se hoes te gee, as­ook spier- en ge­wrig­pyn.

Ve­nus het drie van haar vo­ri­ge krag­me­tings met Mu­gu­ru­za ge­wen, maar sal nie lig­te­lik ver­geet dat die wê­reld se nr. 15-spe­ler haar in Mei in die I­ta­li­aan­se Ope uit­ge­ska­kel het nie.

Mu­gu­ru­za het in 2015 ook Wim­ble­don se eind­stryd ge­haal en was ver­le­de jaar die Fran­se Ope-kam­pi­oen. ) Die wed­stryd be­gin van­mid­dag om 15:00 (SA tyd) en is reg­streeks op SS 6.

Fo­to: AP

Ve­nus Wil­li­ams kan met ’n se­ge op Wim­ble­don ook ’n slag slaan vir ly­ers van S­j­ö­gren­sin­droom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.