Traag­lo­per kan tot 30 jaar son­der kos

Or­ga­nis­me net 0,5 mm

Beeld - - Front Page - El­sa­bé B­rits

Die wê­reld se on­ver­nie­tig­baar­ste spe­sie wat by­na e­ni­ge ka­ta­stro­fe kan oorleef en hier sal wees tot­dat die son sterf, is nie ’n kak­ker­lak nie, maar ’n piep­klein beer­dier­tjie.

Hier­die or­ga­nis­me, wat tot 30 jaar lank son­der kos of wa­ter kan oorleef, staan ook be­kend as ’n traag­lo­per of ’n mos­beer­tjie.

Nu­we na­vor­sing wat Vry­dag­og­gend deur die U­ni­ver­si­teit van Ox­ford in die vak­joer­naal S­cien­ti­fic Re­ports ge­pu­bli­seer is, wys dié mi­kro-or­ga­nis­me met sy agt po­te sal oorleef selfs al is daar ’n ka­ta­stro­fe op aar­de wat al­le an­der le­we uit­wis.

Beer­dier­tjies kan ge­vries word of kan tot 150 ° C oorleef. Maar wat hul­le vol­gens die na­vor­sing nog meer u­niek maak, is dat hul­le ka­ta­stro­fie­se ge­beu­re – soos ko­ken­de o­se­a­ne – sal kan oorleef, as­ook ’n reu­se­bot­sing met ’n as­te­ro­ïed, ster­re wat ont­plof of ’n gam­ma­straal­uit­bars­ting.

Dr. Ra­fa­el Al­ves Ba­tis­ta, me­de­na­vor­ser ver­bon­de aan die de­par­te­ment fi­si­ka aan die U­ni­ver­si­teit van Ox­ford, sê in ’n ver­kla­ring: “Son­der ons teg­no­lo­gie om ons te be­skerm, is die mens ’n baie sen­si­tie­we spe­sie. Sub­tie­le ver­an­de­rin­ge in ons om­ge­wing het ’n dras­tie­se im­pak. Daar is tal­le spe­sies wat baie meer veer­krag­tig is. Le­we op aar­de kan voort­gaan lank na­dat men­se weg is.

“Beer­dier­tjies is so na aan on­ver­nie­tig­baar soos kan kom op aar­de, maar dit is moont­lik dat daar ook an­der veer­krag­ti- ge spe­sies el­ders in die heel­al is.

“In hier­die kon­teks is daar ’n saak uit te maak om na le­we el­ders in die son­ne­stel­sel te soek. Wie weet wat is nog daar bui­te?”

Hy sê in­dien daar le­we el­ders is, sal dié or­ga­nis­mes in moei­li­ke om­stan­dig­he­de moet kan oorleef.

“Maar om­dat ons geen ken­nis van hul­le het nie, kan hul­le dalk ook heel­te­mal an­ders wees.”

Daar is tot 1 500 spe­sies van dié beer­dier­tjies, sê hy.

So­dra le­we eers aan die gang is en dit vir lank oorleef, is dit moei­lik om dit heel­te­mal uit te wis.

Fo­to: EYE OF SCIENCE

’n Beer­dier­tjie, ook be­kend as ’n traag­lo­per of mos­beer­tjie, 250 keer ver­groot in­dien dié beeld 10 cm wyd sou wees on­der ’n e­lek­tron­mi­kro­skoop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.