Kits­kleur in ’n jap­trap vir jou tuin

Kits­kleur is nie net ’n tuin­bou­kun­di­ge gons­woord nie, dis ook ’n tuin­bou­kun­di­ge werk­lik­heid. Mo­der­ne tui­niers is net te haas­tig en be­sig om te lank vir hul blom­me te wag. Hul­le soek be­trou­ba­res wat in ’n jap­trap kleur aan tui­ne en hou­ers kan ver­skaf en ’n

Beeld - - Front Page - AN­NA CELLIERS @Leef­styl24 Die hel­der­geel blom­me van die wol­har­puis­bos (Eu­ryops).

Gous­blom (arc­to­tus) Min ge­sie­ne kwe­ke­rye sal in die laat­win­ter en vroeg­len­te na­laat om die nuut­ste hi­brie­de van ons prag­ti­ge in­heem­se gous­blom­me – ’n nut­ti­ge grond­be­dek­ker of vul­ler­plant – aan te hou. Die ge­kar­tel­de grys­groen bla­re en groot en hel­der­kleu­ri­ge ma­de­lie­fie­blom­me skreeu dood­een­vou­dig: “Plant my!” Jy sal nooit met net een soort of kleur ver­veeld raak nie, daar is am­per el­ke jaar nu­wes be­skik­baar.

Gous­blom­soor­te, so­wel as die ver­e­del­de vorms daar­van, is i­de­a­le plan­te vir mas­sa-aan­plan­ting in ge­meng­de bed­dings, op rots­tui­ne, in pot­te en som­mer e­ni­ge an­der plek waar­aan jy kan dink. Hul­le is ge­hard, ge­bruik min wa­ter, is lief vir warm plek­ke en blom met tus­sen­po­ses dwars­deur die jaar.

Die bes­te blom­tyd

Van­af laat­win­ter, skou­spel­ag­tig in die len­te, min­der maar steeds in die so­mer, en met her­nu­de y­wer in die herfs. Wat meer kan ’n mens vra? Die oor­vloe­di­ge blom­me aan slegs een vol­was­se plant rus net wan­neer die son sak en op be­wolk­te en re­ë­ne­ri­ge dae. Dit is dan wan­neer hul­le toe­vou.

Bes­te kli­maat

O­ral be­hal­we in die koud­ste tui­ne met kwaai ryp, waar hul­le be­skut ge­plant moet word. I­de­aal vir win­de­ri­ge kus­tui­ne.

K­week­ge­booie

) Plant­plek: Vol­son. ) Grond: San­de­ri­ge grond wat baie goed drei­neer. ) Wa­ter: Lae tot ge­mid­del­de wa­ter­ver­bruik. Die plan­te kan tye van droog­te oorleef, maar vir baie blom­me en we­li­ge groei is ge­reel­de wa­ter no­dig. ) Be­mes­ting en snoei: Kom­pos­ry­ke grond en ’n do­sis al­ge­me­ne or­ga­nie­se mis­stof in die len­te en herfs is ge­noeg. K­nip ou blom­me af om nu­wes te sti­mu­leer.

Neu­te­dop

) Sorg vir goeie drei­ne­ring; ) Gooi net nat as hul­le droog is; ) Baie blom­me vir min moei­te; ) Plant in ’n mas­sa.

Goue ma­griet­jie, wol­har­puis­bos

( Eu­ryops pecti­na­tus) Dis on­moont­lik om swaar­moe­dig te wees as jy voor ’n goue ma­griet­jie staan – dié in­heem­se plant is net te vro­lik.

Op ’n hel­der son­skyn­dag sal die hon­der­de plaas­bot­ter­geel ma­de­lie­fie­blom­me wat die bos oor­trek jou oog van ver af tref – en bye en an­der in­sek­be­stui­wers lok.

Die loof is ewe mooi – die bla­re is ge­kar­tel, grys­groen en dig. Die plant, waar­van ’n mens be­slis meer as een moet plant, word so­wat 1 mx 1 m groot.

Hul­le is ga­we vul­ler­plan­te en tog te mooi in ’n mas­sa langs ’n tuin­paad­jie of in rye klei­pot­te.

Die e­nig­ste na­deel van die goue ma­griet­jie is dat dit net soos baie an­der kruid­ag­ti­ges nie vir e­wig le­we nie en so el­ke vier tot vyf jaar ver­vang moet word .

Dit kan ge­luk­kig mak­lik van steg­gies ge­kweek word.

Wan­neer blom hul­le?

Van­af Ju­nie tot Ok­to­ber en selfs lan­ger.

Bes­te kli­maat

Hul­le groei o­ral, be­hal­we in die straf­ste win­ter­kli­ma­te.

K­week­ge­booie

) Plant­plek: Vol­son. ) Grond: Lig­te, san­de­ri­ge grond wat goed drei­neer en met kom­pos ver­ryk is. ) Wa­ter: Ge­mid­del­de wa­ter­ver­bruik – een of twee maal per week in warm so­mer­weer. ) Be­mes­ting en snoei: Voed in die laat­so­mer met ’n al­ge­me­ne tuin­kuns­mis en snoei ge­reeld die ou blom­me af. As hul­le heel­te­mal af­ge­blom het, kan die bos straf te­rug­ge­snoei word om nu­we loof­groei aan te moe­dig.

Plant ook

Heu­ning­ma­griet ( Eu­ryops vir­gi­neus) – ’n baie ge­har­de ma­griet met fyn, naal­dag­ti­ge loof en k­lein geel blom­me­tjies met ’n sag­te geur. Blom­tyd is van­af die win­ter tot die len­te. Hul­le word re­de­lik groot (1,5 m x 1,5 m) en is die per­fek­te pi­o­nier­plan­te om te kies vir ’n nu­we tuin. Ter­wyl jy wag dat an­der strui­ke gro­ter word, sal die vin­nig­groei­en­de heu­ning­ma­grie­te so­lank kleur ver­skaf en die fort hou. Hul­le kan lang­been groei en be­hoort re­de­lik skerp te­rug­ge­snoei te word.

Neu­te­dop

) Blom­ryk en vro­lik; ) Vin­ni­ge groei­ers; ) Min ver­sor­ging; en ) Re­de­lik ge­hard.

Die prag­ti­ge gous­blom Oran­ge Fla­me’

’n Gous­blom­hi­bried met wyn­rooi blom­me.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.