Kan dié 13 ge­booie A­fri­kaans red?

Daar word ge­wroeg, ge­kla en aan­ge­kla oor die ‘oor­le­wing’ van A­fri­kaans, ver­al op u­ni­ver­si­teits­kam­pus­se, skryf Jo­hann van der West­hui­zen, en doen voor­stel­le daar­oor.

Beeld - - Front Page -

Ek is skul­dig. Ek was be­trok­ke by die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria se be­sluit om En­gels (met uit­son­de­rings) as voer­taal te ge­bruik.

Te­sa­me met ’n pro­ses van raad­ple­ging op die kam­pus wat vir al­mal oop was en waar­uit die EFF en A­friForum ge­loop het, was ek voor­sit­ter van ’n pa­neel wat aan die u­ni­ver­si­teits­raad ver­slag moes doen.

Die pa­neel het drie swart le­de in­ge­sluit, naam­lik reg­ter Jer­ry S­hong­we van die ap­pèl­hof, prof. S­hei­la M­mu­si van die U­ni­ver­si­teit van die Noor­de en K­ha­nyi­si­le Ng­we­nya­ma van Bu­si­ness U­ni­on SA, as­ook dr. Da­nie Lan­ger, uit­voe­ren­de hoof van die FAK, en die dig­ter A­dam S­mall.

Laas­ge­noem­de was in die hos­pi­taal toe ons ver­slag be­spreek is en is twee dae la­ter oor­le­de. Sy in­lei­ding tot die ver­slag is waar­skyn­lik die laas­te woor­de wat hy ge­skryf het.

My pa het A­fri­kaan­se ge­dig­te en pro­sa ge­pu­bli­seer. Ek het met Lan­gen­ho­ven en Van Wyk Louw langs my bed groot­ge­word.

An­dré B­rink het my e­mo­si­o­neel deur ma­triek ge­help in ’n skool waar my En­gels-on­der­wy­ser my nie wou toe­laat om vir die ek­sa­men uit Cry the Be­lo­ved Coun­try voor te lees nie, om­dat Alan Pa­ton roe­rend ge­skryf het dat a­part­heid nie mooi was nie.

Die aand na­dat ons ver­slag in­ge­dien is, het ek met ’n glas rooi­wyn na Mo­ham­mad Ali se be­graf­nis op te­le­vi­sie ge­kyk.

Ek het ge­huil oor hoe die wê­reld be­ter ge­maak is toe ’n wit po­li­sie­man op die ag­ter­stra­te van P­hi­la­del­phia met ’n kwaai swart straat­kind ge­sels het . . . en som­mer ge­lyk­ty­dig oor wat met my taal ge­beur het. As my by­drae tot die “stryd” vir A­fri­kaans, stel ek nou ’n aan­tal “ge­booie” voor: 1 Laat vaar die ob­ses­sie met “oor­le­wing”.

Laat die taal vol­uit leef en die le­we saam met sy ge­brui­kers ge­niet. O­n­ein­dig oud soos ons heel­al dees­dae is, oorleef min din­ge vir e­wig. Fi­li­styns, Mo­a­bi­ties en A­me­le­kie­ties het nie oorleef nie. He­breeus het – vir eeue son­der ’n land, re­ge­ring of be­sker­men­de reg­stel­sel, deur on­der meer har­de werk en vol­ge­houe stu­die. 2 Wees eer­lik met an­der en me­kaar. Toe dr. An­dries T­reur­nicht oud­pres. FW de K­lerk se be­roem­de toe­spraak op 2 Fe­bru­a­rie 1990 kwaai ge­kri­ti­seer het, het De K­lerk hom in die oë ge­kyk en ge­sê dat net een ding er­ger is as waar­van hy be­skul­dig word.

Dit is om vir jou eie men­se te lieg.

Nou word met De K­lerk se kal­lers ge­ploeg wan­neer ver- skeie grond­wet­li­ke be­pa­lings aan on­kun­di­ges voor­ge­hou word: Ar­ti­kels 30 en 31 be­skerm reg­te in ver­band met taal, kul­tuur en gods­diens. Ar­ti­kel 29(2) is die guns­te­ling.

Dit er­ken die reg om on­der­wys in die amp­te­li­ke taal of ta­le van mens se keu­se te ont­vang.

Die taal­stry­ders sê eg­ter nie vir die men­se van wie hul­le geld vir hof­sa­ke vra dat in die ein­ste ar­ti­kels 30 en 31 staan dat die reg­te nie uit­ge­oe­fen mag word op ’n wy­se wat an­der be­pa­lings in die men­se­reg­te­hand­ves skend nie.

Hul­le ver­tel hul ge­ho­re ook nie dat die res van ar­ti­kel 29(2) ver­wys na die nood­saak­lik­heid om dis­kri­mi­na­sie van die ver­le­de aan te pak nie. Ver­al ver­swyg hul­le ar­ti­kel 9, wat ge­lyk­heid waar­borg en so­wel di­rek­te as in­di­rek­te dis­kri­mi­na­sie ver­bied.

Is dit nie dis­kri­mi­na­sie nie as K­go­si van ’n skool son­der ge­kwa­li­fi­seer­de on­der­wy­sers diep in Lim­po­po by Tuk­kies aan­kom en op ’n groot, be­si­ge kam­pus in ’n klas vol 300 an­der stu­den­te in

13 ge­booie

sy vier­de taal klas kry by ’n do­sent wat self nie juis te vaar­dig is met En­gels nie; ter­wyl Ko­sie van die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool oor­kant die pad saam met 30 an­der Boer­kin­ders aan die voe­te van ’n A­fri­kaans­spre­ken­de pro­fes­sor moe­der­taal­on­der­rig op u­ni­ver­si­teits­vlak ont­vang?

Is dit goed vir Ko­sie of K­go­si om in ver­skil­len­de klas­se ver­wy­derd van me­kaar by­voor­beeld ge­skie­de­nis en grond­her­vor­ming te be­spreek? En is Ko­sie se keu­se om dit só te doen een vir sy taal of vir af­son­der­lik­heid? 3 Die der­de ge­bod, wat hier­mee ge­lyk­staan, is dat ons A­fri­kaans se his­to­rie­se rol moet er­ken. Dit het ont­staan as ’n taal van ver­set teen im­pe­ri­a­lis­me en mags­mis­bruik, maar toe die taal van a­part­heids­on­der­druk­king ge­word. So­doen­de het die groot­ste ko­lo­ni­a­le taal van al­le tye in ons land die taal van be­vry­ding en ge­lyk­ma­king ge­word. (En­gels se in­ter­na­si­o­na­le sta­tus speel da­rem ook ’n rol, moet ’n mens er­ken.) 4 Moet nie doel­be­wus of on­be­wus­te­lik A­fri­kaans ver­der ge­bruik om men­se te be­na­deel, teen hul­le te dis­kri­mi­neer, of hul­le van ons la­er af weg te hou nie. 5 Ken jou plek! Nie in die sim­bo­lie­se sin soos kin­ders wat ge­sien maar nie ge­hoor mag word of out­as on­der a­part­heid nie.

Ek be­doel let­ter­lik: Ken jou land! Be­sef dat mil­joe­ne men­se werk­loos is en on­der die brood­lyn leef; die e­ko­no­mie rom­mel­sta­tus be­reik het; on­ge­veer 50 men­se per dag ver­moor word; min­stens 400 000 vroue en kin­ders die af­ge­lo­pe de­ka­de ver­krag is; tron­ke so oor­vol is dat 96 men­se soms in ’n sel vir 20 by Polls­moor aan­ge­hou word; 14 000 ge­van­ge­nes le­wens­lan­ge von­nis­se uit­dien; en stu­den­te op ons kam­pus­se in bi­bli­o­te­ke en par­keer­ter­rei­ne slaap en be­ra­ding ont­vang vir hon­ger.

Be­sluit dan hoe be­lang­rik dit is om te veg dat kern­fi­si­ka by Tuk­kies in A­fri­kaans of Ven­da aan­ge­bied word.

Fo­to: THEANA BREUGEM

Hoe be­lang­rik dit is om te veg dat kern­fi­si­ka by Tuk­kies in A­fri­kaans of Ven­da aan­ge­bied word?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.