Ou­baas groet Ja­ka­ran­da­stad

Kry aan­bod vir werk

Beeld - - Front Page - Si­mon Son­ne­kus

Hy is hart­seer om P­re­to­ria vaar­wel te moet toe­roep, maar Pier­re van P­let­zen sien ook uit na ’n nu­we be­gin in die stad van goud.

Die ak­teur, wat ver­le­de maand ge­hoor het sy kon­trak met die se­pie 7de Laan is nie her­nu nie, moes die huis in P­re­to­ria waar hy en sy vrou, San­dra Vaughn, woon, ver­koop om kop bo wa­ter te hou.

Hy het die rol van Ou­baas van Zyl in die se­pie ver­tolk.

“Dit is hart­seer om uit die huis te moet trek, maar ek sien daar­na uit om my in Jo­han­nes- burg te ves­tig.

“Met al die vry­skut­werk wat ek in Jo­han­nes­burg ge­doen het, het ek ver­lief ge­raak op se­ke­re woon­buur­te,” sê Van P­let­zen.

Vir die op­na­me van die reeks Die ooms se band moes hy ge­reeld na Frank Op­per­man se huis in Mel­vil­le gaan en Van P­let­zen sê hy is ver­al mal oor dié woon­buurt.

“Ek het my hart ver­loor in Mel­vil­le. Ons is nog be­sig om na ’n plek te soek, maar daar is ’n paar won­der­li­ke woon­buur­te om van te kies,” sê hy.

Van P­let­zen het se­dert die kon­trak on­der­han­de­lings nie weer die 7de Laan- stel be­soek nie en die voor­uit­sig om weer op die stel te wees, pla hom nie.

“Dit is vir my om’t ewe. Ek sien nie uit nie, maar ek sien ook nie op nie.

“Ek gaan nog tot Au­gus­tus werk, maar ek steur my nie aan wat men­se sê nie. As jy teen 65 nie tough ge­noeg is nie, het jy iets in jou le­we ver­keerd ge­doen.”

Nie­te­min is hy vrees­lik ge­rus oor die toe­koms, sê Van P­let­zen,

Hy is se­dert­dien twee werk­ge­leent­he­de aan­ge­bied en die or­kes, Har­re­baard, waar­in hy speel, gaan nog voort. “Ver­der is ek baie rus­tig. “Ek en San­dra maak nou se­ker die huis is in ’n goeie toe­stand en ek is nog op soek na trom­me vir Har­re­baard, maar die mees­te van die tyd ge­niet ek die af­tyd en my vrou se lek­ker kos,” sê hy.

Ek het my hart ver­loor in Mel­vil­le.

Fo­to: WI­KUS DE WET

Pier­re van P­let­zen en sy vrou, San­dra Vaughn, by hul huis in P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.