Twee kry borg­tog ná NVG­fla­ter

NVG wag te lank, sê land­dros

Beeld - - Front Page - A­let Jou­bert

Die twee be­skul­dig­des in die so­ge­naam­de doodskis­saak is borg­tog van R1 000 elk in die dis­triks­hof in Mid­del­burg toe­ge­staan.

Land­dros Jon­gi­li­z­we Du­meh­le­li het be­slis dat dit nie in be­lang van ge­reg­tig­heid is om Wil­lem Oost­hui­zen en T­heo Jack­son borg­tog te wei­er nie. Sy be­vin­ding is ge­grond op ’n ad­mi­nis­tra­tie­we fla­ter van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG). Die saak teen hul­le sou in Ju­nie in die dis­triks­hof be­gin het. Op die­self­de dag van die ver­hoor is hul­le in­ge­lig dat die ad­junk­di­rek­teur van ver­vol­ging be­sluit het om die saak na die rond­gaan­de hoog­ge­regs­hof in Del­mas oor te plaas.

“Waar­om het die ad­junk­di­rek­teur van ver­vol­ging so lank ge­wag om te be­sluit om die saak oor te plaas na die hoog­ge­regs­hof?” wou Du­meh­le­li weet.

“Na my me­ning kan die be­skul­dig­des nie be­na­deel word weens ’n ad­mi­nis­tra­tie­we ge­sloer nie.”

Oost­hui­zen en Jack­son is op 8 De­sem­ber 2016 deur die­self­de land­dros borg­tog ge­wei­er om­dat hul eie le­wens in ge­vaar sou wees as hul­le vry­ge­laat word, die ge­meen­skap in op­stand sou kom en hul­le moont­lik met ge­tui­es kon in­meng.

Hul­le staan te­reg op aan­klag­te van ont­voe­ring, po­ging tot moord en aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer.

’n Vi­deo waar­in hul­le Vic­tor Mlotshwa, ’n in­wo­ner van ’n in­for­me­le ne­der­set­ting, in ’n doods­kis in­dwing en dreig om hom aan die brand te steek is ver­le­de jaar op so­si­a­le me­dia ver­sprei wat tot hul in­heg­te­nis­ne­ming op 14 No­vem­ber 2016 ge­lei het.

Fa­mi­lie­le­de van die twee mans het vreug­de­kre­te ge­gee en in tra­ne uit­ge­bars toe borg- tog gis­ter toe­ge­staan is.

Daar was wel har­de woor­de van hof­gan­gers wat nié ten guns­te van borg­tog was nie. Du­meh­le­li het die hof tot or­de ge­roep en hof­gan­gers wat ge­vloek het, ge­dreig dat hul­le vir min­ag­ting van die hof in heg­te­nis ge­neem sal word.

Vo­ri­ge hof­ver­sky­nings van die twee mans is deur groot be­to­gings bui­te die hof ge­ken­merk. Die be­to­gers was gis­ter op­merk­lik af­we­sig.

Le­ah Ma­bu­za, streek­se­kre­ta­ris van die ANC, sê hul­le re­spek­teer die land­dros se be­vin­ding en is te­leur­ge­steld in die NVG se ad­mi­nis­tra­tie­we fla­ter. “Ons glo wel ge­reg­tig­heid sal se­ë­vier wan­neer die saak op Del­mas aan­ge­hoor word.” Die ver­hoor be­gin op 31 Au­gus­tus.

Wil­lem Oost­hui­zen Fo­to’s: A­LET JOU­BERT

T­heo Jack­son

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.