VRA VIR ERNST

Beeld - - Lifestyle - Skryf aan Vra vir Ernst: Ba­by­lon­sto­ren­plaas, Si­mo­di­um, Wes­Kaap, 7670 ernst@ba­by­lon­sto­ren.com of ernst­vj@out­look.com.

Jo­han Baard van Knys­na is ’n e­ko­loog by Ca­peNa­tu­re in die WesKaap en het ’n paar fo­to’s ge­stuur van die ha­bi­tat van ’n baie skaars bees­tong­soort wat hy on­langs op die kus­kran­se na­by Ha­ker­vil­le ont­dek het. Hy skryf:

Die he­le plant­po­pu­la­sie het af­ge­brand en die ver­kool­de plan­te (op die voor­grond) wys dui­de­lik. Ant­woord: Dan­kie dat jy dit met ons deel, Jo­han. Dit wys dat met brand so baie skaars spe­sies in die slag bly, selfs al kom hul­le op kran­se voor waar min brande kom.

Vir le­sers wat dit nie weet nie, ek het die plant ver­le­de jaar be­noem en Gas­te­ria bar­bae ge­doop.

Ek het dit na Jo­han ge­noem, “bar­bae” be­te­ken baard in La­tyn, en ver­wys eint­lik na sy van, Baard. Dié be­son­der­se mooi k­lein bees­tong­soort het knop­pies op die bla­re en aan­trek­li­ke roos­pienk, han­gen­de blom­me ge­du­ren­de Ok­to­ber­maand. Jo­han het ons net ná sy en sy kol­le­gas van na­tuur­be­wa­ring se ont­dek­king ver­ge­sel na twee groei­plek­ke op die kus­kran­se. Saam met Ger­rit Vis­ser en Jo­han het ons ge­luk­kig blaarsteg­gies van ver­skeie po­pu­la­sies by on­der meer twee groei­plek­ke ge­neem en dit aan­ ge­kweek. Dit het baie mooi ge­groei en dit is nou weer moont­lik om van hul­le in die ha­bi­tat te kan te­rug­plant.

Dit wys net op die be­lang van ex si­tu­be­wa­ring, met an­der woor­de, kweek as be­wa­rings­me­to­de. Die bees­ton­ge (Gas­te­ria spp.) waar­van daar 26 soor­te in ons land voor­kom, is be­kend om hul pas­sie­we weer­stand teen wild, wat be­te­ken dat die plan­te op hul ka­moe­fle­ring en ve­ge­ta­tie­we voort­plan­tings­wy­se staat­maak.

Die na­ver­wan­te aal­wy­ne groei op­val­lend, met ge­pant­ser­de bla­re en bit­ter sap as be­sker­ming. Die bees­ton­ge (wat hoogs eet­baar is) se pas­sie­we weer­stand stel hul­le in staat om na­dat hul­le deur ys­ter­var­ke, das­sies, klip­bok­kies en­so­voorts ge­vreet is, weer van­af blaar­frag­men­te wat op die grond lê uit te s­pruit en die po­pu­la­sie te her­ves­tig.

Op die kran­se is die kans goed dat van die bla­re nie al­mal ge­brand het nie. Dit be­te­ken dat die po­pu­la­sie moont­lik weer kan ves­tig.

Die Knys­na­bees­tong kweek baie mak­lik en is ’n mooi pot­plant wat ge­du­ren­de Ok­to­ber sy rit­se pienk blom­me voort­bring.

Bees­tong se bla­re groei ge­woon­lik teen­oor­staan­de, of in ’n ro­set. Die groot­te va­ri­eer tus­sen die k­lein dwerg­bees­tong (Gas­te­ria bi­co­lor var. li­li­pu­ta­na) tot die groot dui­ne­bees­tong (Gas­te­ria a­ci­na­ci­fo­lia) aan die Oos­Kaap­se kus.

Die bla­re is ge­woon­lik bont (ka­moe­fleer­drag), bros en breek mak­lik. Die stuk­ke kan eg­ter weer ge­plant word en loop weer uit.

Plan­te wat ek hier op die plaas ge­kweek het, is van bla­re in ons vet­plant­huis ge­kweek en be­hoort hier­die jaar te blom.

Ek sal dit met die hand be­stuif en ook die plan­te van­af saad kan voort­plant.

In die na­tuur word dit deur plaas­li­ke sui­ker­bek­kies be­stuif.

Brand is dras­ties en doen groot ska­de, maar is nor­maal vir die fyn­bos­po­pu­la­sie. Dit sal weer her­stel en neem net tyd.

Brand bring dus ver­nu­wing en die tyd sal leer of die “uit­ster­wing” per­ma­nent of net ty­de­lik was.

Jo­han Baard se fo­to van sy nu­we baard­bees­tong ( Gas­te­ria bar­bae), wat hy ’n paar jaar ge­le­de na­by Knys­na op die kus­kran­se ont­dek het, se ver­kool­de ro­set­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.