Hier kom die koue

Boe­re oor swart­ryp ge­maan in bin­ne­land

Beeld - - Front Page - Can­di­ce Be­zui­den­hout en Seug­net van Zyl

S­ner­pen­de koue met tem­pe­ra­tu­re van on­der vries­punt en swart­ryp op plek­ke tref die bin­ne­land van­dag ná die sneeu en storms in die Kaap.

By St. Fran­cis­baai is ’n vis­ser dood en se­we ge­red toe ’n tjok­ka­boot Sa­ter­dag in die mid­der­nag­te­li­ke ure in gu­re weer op die oop­see om­ge­slaan het.

Agt van die 16 be­man­nings­le­de word steeds ver­mis.

Die pro­vin­sies wat van­dag die swaar­ste deur die koue ge­tref sal word, is Noord­wes, die Noord-Kaap en die Vry­staat. Boe­re in dié pro­vin­sies is ge­waar­sku dat daar swart­ryp gaan wees.

In Noord­wes word -1° C vir van­og­gend in Pot­chef­stroom voor­spel, -2° C in K­lerks­dorp, -6° C in Vry­burg en -4° C in Lich­ten­burg.

Brans­by Bu­lo, weer­voor­spel­ler van die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens (SAWD), sê in Gau­teng gaan ver­al die og­gen­de koud wees. Die kwik sal la­ter in die dag styg.

Die mi­ni­mum tem­pe­ra­tu­re in P­re­to­ria en Jo­han­nes­burg gaan daal, maar mak­si­mum tem­pe­ra­tu­re sal van mô­re af weer styg.

Bu­lo sê die mi­ni­mum tem­pe­ra­tu­re sal die res van die week laag bly, al styg die mak­si­mum tem­pe­ra­tu­re.

Die ver­wag­te tem­pe­ra­tu­re in die Goud­stad is van­dag tus­sen 3 ° C en 23 ° C.

Dit sal mô­re tot tus­sen 1 ° C en 17 ° C daal.

Die mi­ni­mum tem­pe­ra­tuur van­dag in P­re­to­ria is 5 ° C en mô­re skaars 3 ° C voor­dat dit on­der­skei­de­lik tot 18 ° C en 20 ° C sal styg.

In die Vry­staat word -5° C in Bloem­fon­tein voor­spel, -9° C in A­li­walNoord, -7° C in Kof­fie­fon­tein en -5° C in Beth­le­hem.

Be­wolk­te weer word oor M­bom­be­la (Nel­spruit) voor­spel met ’n mak­si­mum tem­pe­ra­tuur van 20 ° C. In Po­lo­kwa­ne is die ver­wag­te mak­si­mum 16 ° C.

Ge­deel­te­lik be­wolk­te weer word in K­waZu­lu-Na­tal voor­spel, maar dit kan teen die mid­dag oop­trek.

In Dur­ban word ’n mi­ni­mum van 14 ° C en ’n mak­si­mum van 18 ° C ver­wag. )

S­torm­win­de van tot 65 km/h is gis­ter­mid­dag aan die OosKaap­se kus er­vaar, ter­wyl sneeu in hoog­lig­gen­de de­le van die Oos-Kaap en sui­de­li­ke de­le van die Noord-Kaap ge­val het.

In­tus­sen het die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens ge­sê koue weer is van­dag op pad na Gau­teng, M­pu­ma­lan­ga en K­waZu­lu-Na­tal na­dat ’n kou­e­front die Wes-Kaap Sa­ter­dag­aand ge­tref het.

Y­skoue og­gend­tem­pe­ra­tu­re word ook van­dag in Noord­wes, die Noord-Kaap en Vry­staat ver­wag en ’n waar­sku­wing oor swart­ryp is aan boe­re in dié pro­vin­sies uit­ge­reik.

Vir van­dag word ge­deel­te­lik be­wolk­te weer in Kaap­stad en om­lig­gen­de ge­bie­de voor­spel, ter­wyl mi­ni­mum tem­pe­ra­tu­re on­der 10 ° C in die mees­te de­le van die Wes- en Oos-Kaap ver­wag word.

Tem­pe­ra­tu­re kan van­dag tot -9° C op Sut­her­land daal, tot -1° C op Wor­ces­ter, Beau­for­tWes en Oudts­hoorn, tot -3° C op Laings­burg, tot -2° C op Ce­res en Graaff-Rei­net, -3° C op Cal­vi­nia, Cra­dock en Qu­een­stown, en tot 0 ° C op Mal­mes­bu­ry en Gra­bouw.

Mak­si­mum tem­pe­ra­tu­re van 15 ° C word in die Wes- Kaap voor­spel, en tot 18 ° C in die Oos-Kaap.

Mô­re kan die tem­pe­ra­tuur op Sut­her­land tot -11 ° C daal.

Geen re­ën word meer mô­re in Kaap­stad en om­lig­gen­de de­le ver­wag nie.

War­mer weer word van Don­der­dag vir die Wes- en Oos-Kaap voor­spel.

S­no­wRe­port SA het fo­to’s van lig­te sneeu wat gis­ter­og­gend op Ta­fel­berg ge­val het op sy web­werf ge­deel.

Fo­to: JURG WAGENER

Sut­her­land in die Noord­Kaap is toe on­der ’n kom­bers van sneeu.

Fo­to: SWARTBERG COUN­TRY MANOR

Die sneeu het gis­ter dik ge­lê oor die Swart­ber­ge in die Wes­Kaap in dié fo­to wat van die Swartberg Coun­try Manor, tus­sen Oudts­hoorn en Prins Al­bert, ge­neem is.

Fo­to: JURG WAGENER

Mo­tors in Sut­her­land in die Noord­Kaap lê be­dek on­der ’n laag sneeu.

Fo­to: PE­TER PIETERS

Sneeu is gis­ter­mid­dag ook op die pie­ke van die Hel­der­berg bui­te Kaap­stad ge­sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.