Fe­de­rer kry sy 8ste Wim­ble­don­ti­tel

Beeld - - Front Page - Chris­to Bu­ch­ner

Aan die groots­heid van Ro­ger Fe­de­rer is daar net geen ein­de nie.

Die ko­ning van Wim­ble­don het gis­ter sy eie stuk­kie ge­skie­de­nis daar uit­ge­kerf deur die eer­ste man­li­ke spe­ler te word wat dié roem­ry­ke toer­nooi agt keer kon wen.

Hy het die Kro­aat Ma­rin Ci­lic in ’n een­sy­di­ge eind­stryd met 6-3, 6-1, 6-4 ge­klop in net meer as ’n uur en 40 mi­nu­te.

Hier­mee het hy ook sy 19de Grand Slam-en­kel­spel­ti­tel ver­o­wer en nog ’n kan­ne­tjie pe­trol op die vuur ge­gooi dat hy die bes­te spe­ler van al­le tye is.

Boon­op is die ker­sie op die koek van hier­die tri­omf­tog dat hy nie ’n en­ke­le stel in die toer­nooi af­ge­staan het nie. Die laas­te man wat dít kon doen, was B­jorn Borg in 1976.

“Dit is eint­lik te veel om in te neem,” het Fe­de­rer ge­sê ter­wyl hy die tro­fee vas­ge­hou het. “Dit be­te­ken die wê­reld vir my. Daar was ’n s­ta­di­um nie lank ge­le­de nie dat ek on­se­ker was of ek ooit weer hier sou staan.

“Tog wys dit jou din­ge kan waar word as ’n mens bly glo en jy droom groot. Ek het net bly glo hier­die kan werk­lik­heid word.

“Ho­pe­lik kan ek vol­gen­de jaar weer te­rug wees,” het hy ge­sê.

Vir Ci­lic, wat in sy eer­ste Wim­ble­don-eind­stryd ge­speel het, was die oom­blik net te groot en hy kon nie na­by die spel­peil kom wat hom tot in die eind­stryd ge­kry het nie.

Hy was baie e­mo­si­o­neel in sy toe­spraak ná die wed­stryd. Fe­de­rer, al­tyd ’n wa­re heer, het selfs troos­woor­de ge­had vir die man wat hy kort te­vo­re van die baan ge­vee het. Hy het Ci­lic as ’n held be­stem­pel en vir hom ge­sê hy be­hoort trots te wees dat hy hier­die spe­si­a­le oom­blik van ’n Wim­ble­don­eind­stryd be­reik het.

Fe­de­rer het self be­woë ge­raak langs die baan en die tra­ne het ge­vloei toe sy t­wee stel­le twee­lin­ge hul op­wag­ting ná die wed­stryd ge­maak het.

Die S­wit­ser­se Mees­ter was i­ro­nies ge­noeg die eer­ste een in die wed­stryd wat ’n kri­sis moes af­weer toe Ci­lic in die vier­de pot van die o­pe­ning­stel ’n breek­punt ge­had het.

In die daar­op­vol­gen­de pot het Fe­de­rer ge­breek, met die Kro­aat wat ’n hand­rug­hou teen die net laat plof het.

Fe­de­rer het weer in die ne­gen­de pot deur­ge­breek. Dié keer het hy die breek­punt be­werk­stel­lig met ’n hand­rug­hou wat soos ’n mis­siel ver­by Ci­lic ge­vlieg het. ’n Dub­bel­fout deur Ci­lic het die eer­ste stel aan Fe­de­rer be­sorg.

’n Deur­braak het in die twee­de pot van die twee­de stel ge­volg en op 0-3 het Ci­lic die me­die­se per­so­neel ont­bied.

Dit was vir ’n blaas on­der sy voet.

Die on­ge­dwon­ge fou­te het van die Kro­aat se ra­ket ge­vloei en Fe­de­rer se der­de kis­hou het dié stel in ’n jap­trap met 6-1 aan hom be­sorg.

Die se­wen­de pot van die der­de stel het weer ’n deur­braak vir Fe­de­rer ge­le­wer, met Ci­lic wat weer nie die bal oor die net kon kry nie.

In die pot waar hy af­ge­slaan het om Wim­ble­don-ge­skie­de­nis te maak, het Fe­de­rer, met sy hart wat teen ’n mil­joen myl per uur moes klop, se­nu­ag­tig voor­ge­kom, maar op sy twee­de wed­stryd­punt het ’n kis­hou die ti­tel aan hom be­sorg.

Dit was heel ge­pas sy agt­ste kis­hou van die wed­stryd.

Wie skryf hier­die man se draai­boek vir hom?

Fo­to: REU­TERS

Die Mees­ter en sy groot­ste prys. . . Ro­ger Fe­de­rer soen gis­ter die Wim­ble­don­tro­fee, waar­op sy naam vir die agt­ste keer ge­gra­veer is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.