Geen keer aan B­rey­ton­hul­le

P­res­teer­der los an­der sport, kies at­le­tiek

Beeld - - Front Page - El­sa­bé B­rits Die Poole­ge­sin op die Kaap­stad­lug­ha­we. Van links is Ha­gan, Her­man, B­rey­ton en C­har­mai­ne.

“S­joe, hy is ’n baie har­de wer­ker – in sport én in skool­werk.”

So sê Do­no­van Poole, trot­se oom van B­rey­ton Poole (17), wat Sa­ter­dag ’n nu­we o.18wê­reld­re­kord in hoog­spring op­ge­stel het, in Mos­sel­baai.

B­rey­ton, sy 15-ja­ri­ge broer, Ha­gan, en sy ou­ers, Her­man en C­har­mai­ne, was gis­ter nog in Nai­ro­bi, Ke­nia, by die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies se o.18-Wê­reld­kam­pi­oen­skap.

B­rey­ton, ’n leer­ling aan die Paul Roos Gim­na­si­um in S­tel­len­bosch, is 1,72 m lank, wat kort is vir ’n hoog­sprin­ger. “Hy is baie kort, maar hy het baie veer­krag,” sê Do­no­van, Her­man se jon­ger broer.

B­rey­ton se per­soon­li­ke re­kord was 2,18 m en sy sprong Sa­ter­dag was 2,24 m.

“Ons het so ge­gil, my stem is nog ’n bie­tjie hees. Ons was vas­ge­na­el voor die te­le­vi­sie, maar dit ir­ri­teer ’n mens ook ’n bie­tjie om­dat hul­le mos weg­breek en an­der goed wys.”

Ver­le­de jaar het B­rey­ton nog skrum­ska­kel ge­speel, maar van­jaar het hy net op at­le­tiek ge­fo­kus. Hy het ook al in hok­kie, swem, krie­ket en gim­nas- tiek pres­teer.

Die he­le ge­sin hou van sport. “My broer het ook vir WP en Ma­ties in pad- en veld­wed­lo­pe ge­hard­loop,” sê Do­no­van.

C­har­mai­ne en Her­man is al­bei on­der­wy­sers, maar om hul seuns te on­der­steun, het C­har­mai­ne op­hou werk.

Ha­gan pres­teer ook in sport, on­der meer rug­by.

Her­man is by die So­mer­se­tWes P­ri­mê­re S­kool.

B­rey­ton se af­rig­ter is Ben­nie S­chlech­ter, ’n af­ge­tre­de on­der­wy­ser, sê Do­no­van.

“Hul­le is ’n baie goeie span, ’n mens kan dit sien as hul­le saam is. Hul­le werk mooi saam,” sê hy.

B­rey­ton Poole by die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies se o.18Wê­reld­kam­pi­oen­skap. Sy pa het die fo­to op Fa­ce­book ge­sit.

Fo­to: FA­CE­BOOK.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.