Tjok­ka­boot­dra­ma: 8 be­man­nings­le­de nog soek

Beeld - - Front Page -

Die Na­si­o­na­le See­red­dings­in­sti­tuut (NSRI) het gis­ter­og­gend om­streeks 03:00 be­wus ge­word van ’n tjok­ka­boot se nood­fak­kels by T­hys­punt, sê Craig Lam­bi­non, woord­voer­der.

“T­wee tjok­ka­bo­te, Sil­ver Eagle en Me­ga­lo­don, het uit­ge­vaar om on­der­soek in te stel en vas­ge­stel die tjok­ka­boot Ma­re­don het om­ge­slaan,” sê hy.

Vol­gens Lam­bi­non het Sil­ver Eagle op ’n red­dings­boot­jie af­ge­kom, maar die boot­jie was te na aan die rot­se en red­dings­per­so­neel­le­de kon dit nie be­reik nie.

Die Me­ga­lo­don het ’n oor­le­wen­de in die wa­ter ge­kry en hy is hos­pi­taal toe ge­neem.

Lam­bi­non sê die NSRI in St. Fran­cis­baai het nóg ’n red­dings­boot in die gu­re weer – met sterk wind, gie­ten­de re­ën en bran­ders wat ’n hoog­te van tot 6 m be­reik het – uit­ge­stuur op soek na die an­der be­man­nings­le­de.

Die po­li­sie, nood­diens­per­so­neel­le­de, plaas­li­ke vei­lig­heids­maat­skap­pye, die NSRI van Jef­freys­baai en van Oe­ster­baai, so­wel as die Suid­A­fri­kaan­se lug­mag, ’n C­har­lie Flig­ht BK­117­he­li­kop­ter en ve­le an­der het hul­le by die red­dings­po­ging aan­ge­sluit.

“In ’n soek­tog deur le­de van die ge­meen­skap, tjok­ka­boo­t­ei­e­naars en le­de van die NSRI is die lyk van ’n vis­ser op die strand in die om­ge­wing van Sunset Rocks ge­vind.

“Nog vyf oor­le­wen­des is ook hier op die strand ge­vind,” sê Lam­bi­non.

“Die Ma­re­don is hier op­ge­spoor waar hy om­ge­slaan en ge­strand het.

“Ter­wyl die see die hoog­wa­ter­vlak be­reik het, het die bran­ders die boot ’n paar keer laat tol en ’n oor­le­wen­de het uit die boot ge­klim.

“NSRI­swem­mers het die wa­ter in­ge­vaar om dié oor­le­wen­de te be­reik. Hy is la­ter in ’n sta­bie­le toe­stand per he­li­kop­ter na ’n hos­pi­taal ge­bring.”

Ses van die se­we oor­le­wen­des was gis­ter­mid­dag laat in die hos­pi­taal.

Die NSRI het die Ma­re­don se romp gis­ter­mid­dag pro­beer breek en die soek­tog na die agt ver­mis­te be­man­nings­le­de het voort­ge­duur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.