Ak­sie be­gin van­dag

Beeld - - Front Page - Ti­nus van S­ta­den

Die Lim­po­po Blou Bul­le wil weg­doen met s­tamp­kar­rug­by.

Daar­om sal hul­le op van­jaar se Cra­ven­week-toer­nooi, wat van­dag by St. S­ti­thi­ans Col­le­ge in Jo­han­nes­burg be­gin, poog om die breed­te van die veld ten vol­le te be­nut.

“Ons werk hard daar­aan om spa­sie aan te val en die breed­te van die veld te ge­bruik, want ons het die snel­lers op die pun­te wat spa­sie kan uit­buit,” sê An­dré Hay, af­rig­ter.

Lim­po­po se aan­slag op dié toer­nooi be­gin van­dag wan­neer hul­le teen Grens Plat­te­land te staan kom.

“Ons fo­kus op die toer­nooi as ’n ge­heel.

“Ons gaan oor die eer­ste t­wee wed­stry­de aan al 23 spe­lers die kans gee om in die be­gin­span te wees,” sê Hay.

Hy sê dit was van­jaar ver­bly­dend dat die spe­lers so gou ’n een­heid ge­vorm het.

“Daar is nie heroes nie. As jy nie as ’n span speel nie, gaan jy dit nie maak nie. Al 23 seuns kan nie wag vir hul kans nie. Hul­le weet as jy as ’n in­di­vi­du speel, gaan jy nooit jou dro­me ver­we­sen­lik nie,” sê Hay.

Dit is vir hom bit­ter be­lang­rik dat die spe­lers een­vou­dig hul ta­len­te gaan uit­leef.

“Daar is baie druk op sko­le­spe­lers oor kon­trak­te ná s­kool. Maar jy moet ont­hou rug­by is slegs ’n spel. Die seuns moet een­vou­dig hul God­ge­ge­we ta­len­te op die veld gaan uit­leef. Hul­le kan nie wag om hul sko­le, ou­er­hui­se en stre­ke te ver­teen­woor­dig nie.”

Hay sê sy span se sterk­punt is sy ba­lans.

“Ons het sterk voor­spe­lers, ’n goeie ska­kel­paar, ge­vaar­li­ke sen­ters en ’n vin­ni­ge ag­ter­ste drie­hoek.”

Voor­spe­lers om dop te hou, sluit in die ha­ker en kap­tein, Ber­nard Ver­maak, die slot Ger­dus Bo­tha en die agt­ste­man P­hi­lip A­pea-Adu.

Ag­ter­langs kan die skrum­ska­kel Re­nier Ger­ber en die sen­ters Hei­ni Fer­rei­ra en Vin­cent Roos vir vuur­werk sorg.

Fo­to: MARIUS NORTJÉ

Re­nier Ger­ber, kook­wa­ter­skrum­ska­kel van die Lim­po­po Blou Bul­le, op die Noord­vaal­bon­de­dag in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.