Tax­i­dry­wer help met 2 pap ban­de

2 se hulp ver­baas ge­stran­de eg­paar

Beeld - - Front Page - Han­ti Ot­to

Som­mi­ge rid­ders ry op ’n wit perd. En­ke­les be­stuur ’n wit taxi.

Tus­sen die pro­tes­op­tog­te en ge­weld wat die laas­te tyd om P­re­to­ria op­ge­vlam het, het ’n tax­i­be­stuur­der ver­le­de week ’n ge­stran­de eg­paar van Hart­bees­poort in sy taxi wat nie meer so nuut is nie te hulp ge­snel en be­wys dat goed­heid nog be­staan.

Em­sie P­re­to­ri­us is steeds ver­baas, nie net oor die on­be­ken­de man se op­tre­de in hul oom­blik van nood nie, maar om­dat dit so­veel men­se wat die sto­rie hoor weer hoop gee.

“Dit het dié man ge­kos om my daar­aan te her­in­ner dat ons nie moet toe­laat dat die spi­raal van ne­ga­ti­wi­teit ons in­suig nie,” sê P­re­to­ri­us.

Sy en haar man, Ger­hard, het ver­le­de Maan­dag­og­gend vroeg van hul va­kan­sie af te­rug­ge­keer en was van die Lan­se­ria-lug­ha­we in Jo­han­nes­burg na hul huis op pad.

“Ons het so 07:00 ge­land en op die Broe­der­stroom­pad huis toe ge­ry,” sê sy.

Die pad is be­rug vir sy swak toe­stand, smal ba­ne en ru op­per­vlak, en toe die eg­paar se mo­tor ’n breuk­deel van ’n se­kon­de net ef­fens van die teer af­be­weeg, sit hul­le met t­wee pap ban­de.

“Na­tuur­lik het ons net een spaar­wiel en ter­wyl ons die tas­se uit­pak om dié te kry, wou ek bel om hulp te kry. Ons het reg­tig skaars ge­stop toe trek die taxi na­by ons ook van die pad af,” ver­tel P­re­to­ri­us.

Die be­stuur­der het aan­ge­stap ge­kom, in A­fri­kaans ge­groet en ge­sê hy sien hul­le het pro­ble­me.

“Hy het die t­wee pap ban­de so ge­kyk, te­rug­ge­stap na sy taxi en met ’n moer­sleu­tel en goed te­rug­ge­kom.”

Nog ’n mo­tor het stil­ge­hou. Dié man was op pad na sy werk in Kru­gers­dorp, maar hy moes om­draai weens tax­i­ge­weld by Diep­sloot, waar paaie ver­sper is.

“Dié man het ge­sê, wel, hy het ’n Ford en ons het ’n Ford, so dalk kan sy spaar­wiel ons tot by die huis hou.

“In­tus­sen het die tax­i­be­stuur­der gou-gou al­bei wie­le om­ge­ruil. Shame, sy han­de was so vuil en hy was tot by­na on­der ons kar in.

“Hy het ook ge­sien dat ons kar se spaar­wiel ef­fens pap is toe hy dit op­ge­sit het. Die tax­i­be­stuur­der het toe so 4 km ag­ter ons aan­ge­ry na die naas­te vul­sta­sie – met sy nood­lig­te aan – om se­ker te maak ons kom vei­lig daar,” sê P­re­to­ri­us.

Die oom­blik was vir haar so oor­wel­di­gend mooi dat sy ’n fo­to van die be­stuur­der ge­neem het. Sy het aan hom ver­dui­de­lik sy wil op Fa­ce­book wys hoe ’n goeie man lyk.

“Maar in die deur­me­kaar si­tu­a­sie het ek toe nooit sy naam ge­vra nie! My man het wel ge­hoor dat die tax­i­be­stuur­der van Ma­me­lo­di aan die an­der kant van P­re­to­ria is.”

Die­self­de mid­dag het haar man nu­we ban­de gaan koop en die ge­leen­de spaar­wiel na sy ei­e­naar te­rug­ge­neem.

“Ek kan net met baie groot dank­baar­heid in my hart dan­kie sê vir hier­die t­wee barm­har­ti­ge Samaritane wat be­reid was om ons te help. Ons het ’n won­der­li­ke ge­meen­skap en ek is trots om deel daar­van te wees. Mag God jul­le se­ën,” sê P­re­to­ri­us.

Fo­to: EM­SIE P­RE­TO­RI­US

Die on­be­ken­de rid­der wat Em­sie P­re­to­ri­us en haar man ge­help het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.