Lief­de om Man­de­la se dag te vier

Beeld - - Front Page - Han­ti Ot­to

Dit was ’n vro­li­ke men­gel­moes van wind­ske­we ton­ge, ster­te wat soos wind­meu­le tol en flap­pen­de ore toe meer as 400 hon­de eer­gis­ter el­ke drup­pel lief­de op­ge­slurp het op Wet­no­se se Pam­per a Pooch-dag.

Dit was deel van die die­re­red­dings­or­ga­ni­sa­sie net bui­te Bronk­horst­spruit se 67 mi­nu­te vir lief­da­dig­heid in die aan­loop tot Man­de­la­dag mô­re.

“Om eer­lik te wees duur die mees­te be­derf­ses­sies lan­ger as 67 mi­nu­te, maar ons en die hon­de kla nie,” sê Deb­bie Her­sel­man, hoof­be­stuur­der van Wet­no­se.

Al die die­re by Wet­no­se is red­dings­ge­val­le en die mees­te het voor hul aan­koms net ver­wer­ping en mis­han­de­ling ge­ken. ’n Vrou het met ’n groot­oog­hond in haar arms ge­stap. “Hy is bang met al die men­se om ons, want men­se het hom seer­ge­maak,” sê sy.

Trig­ger en Fla­via het an­der pro­ble­me ge­had: Sas­kia Be­ster en haar ma, Ka­rin, het dit kort ruk­kies durf waag om op te hou bor­sel so­dat hul arms ’n bie­tjie kan rus.

Die t­wee hon­de het hul on­ge­luk­kig­heid hier­mee te ken­ne ge­gee deur hul kop en voor­po­te vra­end op die ma en dog­ter se sko­te te sit so­dat hul moet aan­hou bor­sel.

“Ons het hul­le al vir stap­pies ge­vat, ge­bad en ge­bor­sel. Die t­wee hon­de is eint­lik so ge­hoor­saam dat ons maar aan­hou,” sê Ka­rin.

Jay­da Hills en Ni­co van Rooy­en het t­wee hok­maats met ’n warm bad be­derf. Wet­no­se­per­so­neel­le­de het ’n tuin­slang aan die warm­wa­ter­kraan in ’n ge­bou ge­kop­pel en dit deur ’n ven­ster na die hon­de­bad­dens ge­lei.

“Ek het reeds t­wee hon­de. Ek het my ma ge­vra of ek nog een van Wet­no­se af kan bring, maar sy het ge­sê ons het nie plek vir nog hon­de nie. Nou be­derf ons die Wet­no­se-hon­de met ’n spa-dag,” het Jay­da tus­sen skuim­bol­le deur ge­sê.

Her­sel­man sê die die­re flo­reer op dié lief­des­fees.

“Hier is meer as 1 000 men­se. Hul­le het die­re­kos en baie lief­de ge­bring. Die hon­de kry di­rek­te aan­dag en par­ty was al vir so­veel stap­pies dat hul­le van­aand soos ’n klip gaan slaap. Hier is tot ’n mo­bie­le hon­de­sa­lon wat sy diens­te ver­niet aan­ge­bied het om die die­re te dip en te skeer,” sê Her­sel­man.

Sul­ke lief­da­dig­heids­dae help die or­ga­ni­sa­sie om die 420 hon­de, 56 per­de, 22 don­kies en 80 kat­te – al­mal wees en ver­werp – te ver­sorg.

Die om­gee is we­der­syds: “Ek kan nie ’n hond aan­hou waar ek woon nie. Dae soos hier­die

“Nee, nee, Bru­tus. Dit is ons wat jóú vir ’n stap­pie neem,” sê Chris­ti­an Gro­vé vir die Deen­se hond by Wet­no­se ter­wyl hy en ’n poot­uit Kay­la (4) pro­beer keer dat Bru­tus hul­le die wê­reld vol sleep.

is al wan­neer ék die lief­de van ’n hond kan er­vaar,” het ’n vrou ge­sê ter­wyl ’n wol­le­ri­ge hond op haar skoot op­ge­krul lê.

Fo­to’s: HAN­TI OT­TO

Trig­ger en Fla­via se oë dop am­per om van lek­ker­kry ter­wyl Sas­kia Be­ster en haar ma, Ka­rin, hul win­ter­pels bor­sel.

Cos­mo stop kort­kort ty­dens sy stap­pie om C­ha­nel Mul­ler ’n soen­tjie te gee – en nog ’n hon­de­koe­kie te be­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.