‘SAKP­mi­nis­ters bly’

Hul­le is op­be­taal­de ANC­le­de, sê segs­man

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

SAKP-le­de sal nie uit hul re­ge­rings­pos­te be­dank nie.

“Waar­om moet hul­le?” het A­lex Mashi­lo, SAKP-woord­voer­der, gis­ter ge­vra.

Hy het ge­re­a­geer na­dat Ban­tu Ho­lo­mi­sa, UDM-lei­er, op Fa­ce­book ge­sê het al­le SAKP-mi­nis­ters, -LP’s, LPW’s en -stads­raads­le­de be­hoort “da­de­lik te be­dank om toe­gang tot staats­geld en -hulp­bron­ne te voor- kom om hul veld­tog ’n hup­stoot te gee”.

Dr. Bla­de N­zi­man­de, SAKP-hoof­se­kre­ta­ris, het eer­gis­ter in sy af­slui­tings­re­de op die par­ty se na­si­o­na­le kon­gres in Boks­burg aan­ge­kon­dig dat die par­ty in die toe­koms ver­kie­sings op eie hout­jie gaan aan­pak.

Mashi­lo het eg­ter by na­vraag ge­sê die SAKP het stem­me vir die re­ge­ring ge­werf. “Ons le­de is op Rob­ben­ei­land aan­ge­hou. An­der het ge­sterf ter­wyl hul­le vir die re­ge­ring ge­veg het. Dit is óns re­ge­ring, nie ’n re­ge­ring van an­der men­se nie. Dit is ’n re­ge­ring waar­voor ons ge­werk het,” het hy ge­sê.

Hy het by­ge­voeg dat al die SAKP­le­de in die re­ge­ring “op­be­taal­de ANC-le­de” is.

On­der die hui­di­ge SAKP-mi­nis­ters en ad­junk­mi­nis­ters tel N­zi­man­de, mi­nis­ter van ho­ër on­der­wys, Sen­ze­ni Zokwa­na, mi­nis­ter van land­bou, bos­bou en vis­se­rye, dr. Rob Da­vies, mi­nis­ter van han­del en ny­wer­heid, en T­hu­las Nxe­si, mi­nis­ter van sport, so­wel as Je­re­my Cro­nin, ad­junk­mi­nis­ter van o­pen­ba­re wer­ke, Bu­ti Ma­na­me­la, ad­junk­mi­nis­ter in die pre­si­den­sie, en Ben Mar­tins, ad­junk­mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings.

N­zi­man­de het Sa­ter­dag ge­sê die par­ty sal aan ’n pad­kaart werk wat sal uit­een­sit hoe en wan­neer die par­ty aan ver­kie­sings sal deel­neem. Dit sal in De­sem­ber aan die par­ty se sen­tra­le ko­mi­tee voor­ge­lê word.

Hy het in ’n on­der­houd aan Sun­day Ti­mes ge­sê dub­be­le lid­maat­skap met die ANC kan her­oor­weeg word.

Die ANC het ge­sê hy het ken­nis ge­neem van die SAKP se be­sluit om ver­kie­sings op eie hout­jie aan te durf en sien uit na die ge­sprek­ke waar­in die t­wee par­ty dit sal be­spreek.

Zi­zi Kod­wa, ANC-woord­voer­der, het gis­ter ge­sê die ANC ver­wel­kom die SAKP se be­sluit om hom op­nuut tot die drie­par­ty-al­li­an­sie te ver­bind.

Die SAKP het sy be­sluit oor ver­kie­sings ge­neem na­dat Cro­nin ver­le­de week op die SAKP se na­si­o­na­le kon­gres ge­sê as die “ram­pok­kers van die ANC se pre­miers­liga” in De­sem­ber die oor­win­naars in die par­ty se lei­ers­ver­kie­sing is, die ANC kan skeur.

Vy­tjie Men­tor, ANC-ve­te­raan, het ook ver­le­de week na ’n moont­li­ke skeu­ring in die ANC ver­wys.

Mail & Guar­di­an het Vry­dag be­rig dat SAKP-lei­ers, vak­bon­de, die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing en ANC-ve­te­ra­ne met in­for­me­le ge­sprek­ke be­gin het oor ’n “al­ter­na­tie­we be­we­ging” om aan ver­kie­sings deel te neem. Hul­le steun glo die be­sluit dat so ’n be­we­ging deur adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa ge­lei moet word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.