Op­po­si­sie hou ‘re­fe­ren­dum’ teen Ve­ne­zu­e­la­lei­er

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Op­po­si­sie­par­tye in Ve­ne­zu­e­la het gis­ter ’n nie-amp­te­li­ke re­fe­ren­dum ge­hou in ’n po­ging om die druk op p­res. Ni­co­las Ma­du­ro te ver­groot.

Ma­du­ro (54) is be­sig om ’n wet­ge­wen­de su­per­lig­gaam te skep wat sy teen­stan­ders die “kon­so­li­da­sie van dik­ta­tor­skap” noem.

Die sim­bo­lie­se pei­ling, waar­in kie­sers ook ge­vra is of hul­le ten guns­te van ’n ver­vroeg­de ver­kie­sing is, is ge­hou om Ma­du­ro se le­gi­ti­mi­teit ver­der te on­der­myn te mid­de van ’n ver­lam­men­de e­ko­no­mie­se kri­sis en maan­de­lan­ge pro­tes­op­tre­de teen sy re­ge­ring wat reeds 100 le­wens geëis het.

Op­po­si­sie­par­tye het van 07:00 by 2 000 stem­pun­te oor die land heen ge­stem as ’n stap van bur­ger­li­ke on­ge­hoor­saam­heid wat deur ’n na­si­o­na­le weg­bly­ak­sie of an­der op­tre­de teen Ma­du­ro ge­volg kan word.

In­wo­ners wat woe­dend is oor die voed­sel­skaars­te en sty­gen­de in­fla­sie het vroeg al by tal­le stem­pun­te in dié o­lie­ry­ke land met ’n be­vol­king van 30 mil­joen gaan tou­staan.

Ma­du­ro het ge­sê die re­fe­ren­dum is on­wet­tig en be­te­ke­nis­loos. Hy is be­sig met ’n veld­tog vir ’n amp­te­li­ke ver­kie­sing op 30 Ju­lie vir die nu­we su­per­lig­gaam, wat die grond­wet sal kan her­skryf en staats­in­stel­lings sal kan ont­bind.

Fo­to: REU­TERS

Men­se staan gis­ter tou by ’n stem­punt in Ca­ra­cas, Ve­ne­zu­e­la, om te stem in ’n nie­amp­te­li­ke re­fe­ren­dum teen die re­ge­ring van p­res. Ni­co­las Ma­du­ro en sy plan om die grond­wet te her­skryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.