Pak­ket van R2 mil­jard vir Zu­ma ‘is fop­nuus’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Fop­nuus, bog en ’n ver­sin­sel.

So het Zi­zi Kod­wa, ANC-woord­voer­der, gis­ter ’n be­rig be­stem­pel dat p­res. Ja­cob Zu­ma ’n “uit­tree­pak­ket” van R2 mil­jard aan­ge­bied is om as staats­hoof te be­dank.

“Daar was nie so ’n be­spre­king in die ANC nie. Dit is fop­nuus en swak joer­na­lis­tiek. ’n Ver­sin­sel,” het Kod­wa by na­vraag ge­sê.

Dai­ly Ma­ve­rick het gis­ter be­rig dat t­wee bron­ne in die aan­loop tot die par­ty se on­lang­se be­leids­kon­fe­ren­sie aan hom be­ves­tig het dat die pak­ket, as­ook am­nes­tie vir die straf­reg­te­li­ke klag­te wat hom in die ge­sig staar, aan Zu­ma ge­bied is.

Die geld sal glo in­ge­sa­mel word deur pri­va­te in­di­vi­due en in­stel­lings en sal nie uit die staats­kas kom nie.

Bron­ne in die ANC en in die sa­ke­ge­meen­skap het glo aan die nuus­web­werf be­ves­tig dat die voor­stel “op min­stens een groot forum ge­doen is, hoe­wel die pre­si­dent nog nie in­ge­stem het om ge­sprek­ke te be­gin nie”.

Zu­ma het glo laat blyk dat hy die aan­bod van die hand wys.

Ralph Mat­hek­ga, po­li­tie­ke ont­le­der aan die Ma­pun­gub­we-in­sti­tuut vir stra­te­gie­se oor­we­ging, sê in ’n de­mo­kra­tie­se op­set waar die Grond­wet die op­per­ge­sag van die reg is, is daar nie plek vir so ’n oor­een­koms nie.

“Dit sê dat Suid-A­fri­ka ’n staat van swen­de­laars ge­word het. Dit maak ’n to­ta­le be­spot­ting van SuidA­fri­ka se de­mo­kra­sie.”

Hy dink nie die op­po­si­sie sal daar­voor te vin­de wees nie, ver­al nie die DA en die EFF nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.