7 par­tye wil in ge­heim stem oor mo­sie

Beeld - - Nuus - – P­hil­da Es­sop

Se­we van die po­li­tie­ke par­tye wat in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV) ver­teen­woor­dig word, wil hê die stem­me­ry oor die mo­sie van wan­troue in p­res. Ja­cob Zu­ma moet in die ge­heim plaas­vind.

Ne­ge van die 13 par­tye wat in die par­le­ment ver­teen­woor­dig word, het voor­leg­gings ge­doen oor hoe die stem­me­ry ná die de­bat oor die wan­trou­e­mo­sie moet plaas­vind.

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het op 22 Ju­nie ge­sê Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die NV, het die dis­kre­sie om te be­sluit of die stem­me­ry in die ope of per ge­hei­me stem­brief moet plaas­vind.

M­be­te het po­li­tie­ke par­tye ná dié uit­spraak ge­vra om voor­leg­gings daar­oor aan haar te doen.

Die par­le­ment het in ’n ver­kla­ring ge­sê die ANC, DA, EFF, IVP, NFP, UDM, VF Plus, ACDP en Co­pe het voor­leg­gings ge­doen.

Die ANC het ge­sê hul­le sal e­ni­ge be­sluit steun wat M­be­te neem.

John Steen­hui­sen, DA-hoof­sweep, het Vry­dag ge­sê hul­le sal haar be­sluit af­wag waar­na die DA sal toets of haar re­des op “ra­si­o­na­li­teit en re­de­lik­heid” ge­grond is.

Die an­der se­we par­tye wat voor­leg­gings ge­doen het, ver­kies vol­gens die ver­kla­ring ’n ge­hei­me stem­me­ry.

Die mo­sie sal op 8 Au­gus­tus in die NV ge­de­bat­teer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.