Meer as R10 m. se blom­me, ge­sken­ke . . .

Beeld - - Nuus - – P­hil­da Es­sop

Die DA wil ’n ver­dui­de­li­king hê waar­om die de­par­te­ment van huis­ves­ting in die 2013-’14-boek­jaar meer as R10 mil­joen aan blom­me, ge­sken­ke en borg­skap­pe vir amp­te­na­re be­stee het.

Sol­ly Ma­lat­si, DA-LP, eis dié ant­woor­de van Lin­di­we Si­su­lu, mi­nis­ter van huis­ves­ting. Sy is eg­ter eers op 26 Mei 2014 as mi­nis­ter in dié por­te­feul­je aan­ge­stel.

Si­su­lu het in Ju­nie in ant­woord op ’n ge­skre­we par­le­men­tê­re vraag ge­sê die de­par­te­ment het in die boek­jaar R10,2 mil­joen aan blom­me, ge­sken­ke en borg­skap­pe be­stee.

Sy wou eg­ter nie die na­me van die be­guns­tig­des be­kend maak nie om­dat die amp­te­li­ke rig­lyn waar­vol­gens par­le­men­tê­re vrae be­ant­woord moet word, dit ver­bied.

Ma­lat­si het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê hy be­plan nog par­le­men­tê­re vrae aan Si­su­lu. “Die mi­nis­ter en haar de­par­te­ment moet ver­dui­de­lik waar­om só ’n bui­ten­spo­ri­ge be­drag geld aan ge­sken­ke be­stee is ter­wyl dit ge­bruik kon word om die be­hui­sings­ag­ter­stand te ver­klein en so­wat 100 hui­se kon bou.

“Sy moet ook die vol­le lys na­me van men­se be­kend maak wat voor­deel ge­trek het uit die R10 mil­joen.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.