Moe­nie jong at­le­te te erg druk, sê ken­ner

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Suid-A­fri­ka se top- jong at­le­te pres­teer op die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies se o.18-Wê­reld­kam­pi­oen­skap in Nai­ro­bi, Ke­nia.

Teen gis­ter­mid­dag het SuidA­fri­ka al agt me­dal­jes ge­wen en voor­ge­loop met vier goue, t­wee sil­wer- en t­wee brons­me­dal­jes.

Dié at­le­te se toe­koms hang af van goeie af­rig­ting en geld, maar hul­le moe­nie te veel ge­druk word om aan kom­pe­ti­sies vir se­ni­ors deel te neem nie, sê dr. Chris­ta Jan­se van Rens­burg, ’n sport­dok­ter en hoof van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria se af­de­ling vir sport­ge­nees­kun­de.

Sy het by na­vraag ge­sê in rug­by is daar ’n kul­tuur om die ju­ni­ors te gou te druk om saam met die se­ni­ors te speel. Dit lei on­der meer tot be­se­rings.

“Ek hoop die jong at­le­te word toe­ge­laat om in die vol­gen­de paar jaar mee te ding op die vlak waar hul­le hoort. Dit gee hul­le die ge­leent­heid om reg te ont­wik­kel,” sê sy.

Prof. Ben Coet­zee, sport­we­ten­skap­li­ke aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, sê goeie af­rig­ting is die kern van goeie pres­ta­sie.

Hy is se­ker dat al die ju­ni­or at­le­te wat hier pres­teer, be­voor­reg is om toe­gang tot ’n goeie af­rig­ter te hê.

“Jy kan doen wat jy wil, maar as jy nie dít het nie, kan jy nie so pres­teer nie,” sê hy.

Net­wer­ke is deur die Suid-A­fri­kaan­se S­port­kon­fe­de­ra­sie en O­lim­pie­se Ko­mi­tee (Sas­kok) ge­skep om te help, sê hy.

Daar is ook die aan­spo­ring van se­ni­or at­le­te wat be­ter vaar en geld kan ver­dien uit die Di­a­mant­li­ga.

Coet­zee sê “po­li­ties bly dit moei­lik, want wat op die grond ge­beur en wat bo in die be­stuur aan­gaan, is t­wee ver­skil­len­de din­ge”. )

Dit is nie net die land se jeugat­le­te wat stem dik maak op die wê­reld se at­le­tiek­ba­ne nie.

In Lon­den het Suid­A­fri­ka se ge­strem­de at­le­te ook laat waai.

Suid­A­fri­ka het teen gis­ter­mid­dag met vier me­dal­jes op at­le­tiek se Pa­ra­lim­pie­se Wê­reld­by­een­koms ge­spog.

Die 15­ja­ri­ge N­tan­do Mahlan­gu het sy pres­ta­sie op ver­le­de jaar se Pa­ra­lim­pie­se S­pe­le her­haal toe hy sil­wer in die 200 m (T42­ka­te­go­rie) ver­o­wer het. Ri­chard W­hi­te­he­ad (23.26) van B­rit­tan­je is as wêreldkampioen ge­kroon, met Mahlan­gu twee­de in 23.95.

In die 200 m vir vroue (T47) het An­ru­ne Lie­ben­berg twee­de ge­ëin­dig in 25.53, wat ook ’n A­fri­ka­re­kord is. Sy is net deur die Pa­ra­lim­pie­se kam­pi­oen De­ja Young (25.10) ge­klop.

N­do­dom­zi N­tu­tu was twee­de in die 100 m (T12), met ’n sei­soen­bes­te tyd van 11.01, ná Ku­ba se Lei­nier S­a­von (10.72).

Za­ne­le Si­tu het in die spies­gooi (F54) brons ver­o­wer, dank­sy ’n bes­te af­stand van 17.01 m. Li­wan Yang van C­hi­na was eer­ste met 17.79 m.

Fo­to: GALLO

Ze­ney van der Walt en Za­zi­ni Sok­wak­ha­na het al­bei goud ge­wen in die 400 m­hek­kies in Nai­ro­bi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.