Goud­stad­seuns klop 7 span­ne in in­ter­na­si­o­na­le vas­vra

Beeld - - Nuus - – Ü­gen Vos

’n Span van vier Jo­han­nes­burg­se seuns het op die let­ter­kun­de­o­lim­pi­a­de in Toron­to stof in hul me­de­din­gers se oë ge­skop.

Kin­ders se ken­nis van let­ter­kun­de word in dié kom­pe­ti­sie ge­toets.

Jos­hua Bru­wer, K­he­lan De­sai, Sa­haj Mooji en Hong­jae Noh van St. John’s P­re­pa­ra­to­ry School in Jo­han­nes­burg het teen span­ne van Aus­tra­lië, B­rit­tan­je, Ka­na­da, Hong­kong, Nieu-See­land, Sin­ga­poer en die VSA in die in­ter­na­si­o­na­le Kids Lit Quiz deel­ge­neem.

Die agt span­ne wat aan die eind­ron­de deel­ge­neem het, moes klip­pe kou om te kwa­li­fi­seer.

Meer as 1 000 Suid-A­fri­kaan­se span­ne het aan die kom­pe­ti­sie deel­ge­neem en die span van St. John’s moes 40 span­ne in Jo­han­nes­burg uit­ska­kel om die na­si­o­na­le eind­stryd te haal. Hul­le het toe teen die bes­te span­ne van P­re­to­ria, Dur­ban, Pie­ter­ma­ritz­burg, Knys­na, Port E­li­za­beth en Kaap­stad te staan ge­kom.

Se­dert Suid-A­fri­ka in 2004 aan die vas­vra be­gin deel­neem het, het span­ne van die land die wê­reld­kom­pe­ti­sie drie keer ge­wen, sê Marj Brown, Suid-A­fri­ka se na­si­o­na­le ko­ör­di­neer­der vir die Kids Lit Quiz.

Nic­ky Sul­ter, St. John’s se bi­bli­o­te­ka­ris en die span se af­rig­ter, sê die vier is baie bly oor hul pres­ta­sie. “Hul­le was on­ge­loof­lik gees­drif­tig oor die voor­be­rei­ding vir die kom­pe­ti­sie en het die lees­werk wat hul­le moes doen werk­lik ge­niet.”

Ben­ja­min T­risk, uit­voe­ren­de hoof van die Exclusive Book­s­groep van boek­win­kels, wat die Suid-A­fri­kaan­se span ge­borg het, sê hul­le is ver­heug oor die seuns se pres­ta­sie.

Fo­to: TWITTER

Jos­hua Bru­wer, K­he­lan De­sai, Sa­haj Mooji en Hong­jae Noh, die SA span wat die in­ter­na­si­o­na­le Kids Lit Quiz ge­wen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.