Bi­po­lê­re siek­te: 84% dink aan self­moord

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Tot 84% van men­se met bi­po­lê­re siek­te het al daar­aan ge­dink om hul­self om die le­we te bring, blyk uit ’n pei­ling van die Suid-A­fri­kaan­se De­pres­si­een-angs­groep (Sa­dag).

Dié nie­wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie on­der­steun men­se met psi­gi­a­trie­se siek­tes.

Dr. Mi­ke West, ’n psi­gi­a­ter van Kaap­stad, sê na ra­ming sal tus­sen 10% en 15% van die ly­ers weens self­moord sterf. Die koers is 22 keer so hoog soos on­der die al­ge­me­ne be­vol­king.

Baie ly­ers lei wel ’n vol en ge­son­de le­we lei. Dit is ’n chro­nie­se siek­te wat ’n mens se ge­moeds­toe­stand – nie per­soon­lik­heid nie – weens ’n che­mie­se wan­ba­lans in die brein aan­tas.

Vol­gens na­vor­sing is daar ’n sterk ge­ne­tie­se fak­tor wat daar­toe kan by­dra dat men­se die siek­te ont­wik­kel, meest­al in vroeë vol­was­sen­heid.

West sê me­di­sy­ne is die hoek­steen van die be­han­de­ling van die siek­te en dit voor­kom dat de­pres­sie en ma­nie be­gin.

Die me­di­sy­ne het ne­we-ef­fek­te, maar dit kan tot die mi­ni­mum be­perk word as die psi­gi­a­ter goeie voor­skrif­me­to­des volg. K­li­nie­se siel­kun­di­ges is ook ’n groot hulp­mid­del.

Daar is die wan­op­vat­ting dat ’n ma­nie­se e­pi­so­de – wat tot meer e­ner­gie en soms ook eu­fo­rie lei – ’n goeie toe­stand is, sê West. Maar dit gaan met swak oor­deel en be­plan­ning, im­pul­si­wi­teit en die loop van ri­si­ko’s ge­paard en kan ka­ta­stro­fie­se ge­vol­ge hê.

Die pei­ling is ge­doen on­der 411 ly­ers.

278 het ge­sê hul­le is al min­stens een keer in ’n hos­pi­taal op­ge­neem.

Net 251 het ’n jaar ná hul di­ag­no­se nog hul me­di­sy­ne ge­bruik.

Za­ne Wilson, stig­ter van Sa­dag, sê dat so­veel ly­ers op­hou om hul me­di­sy­ne te ge­bruik, be­ves­tig dat plaas­li­ke pro­ble­me met die be­han­de­ling van die siek­te ge­pak moet word.

200 het ge­sê hul sie­ke­fonds be­taal net vir ’n deel van die me­di­sy­ne, 95 het ge­sê die fonds be­taal al­les, 50 moet vir al­les self be­taal en 39 het mid­dels gra­tis van die staat ge­kry.

Die ver­skei­den­heid me­di­sy­ne in die staat­sek­tor is eg­ter ui­ters be­perk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.