Man in plas bloed, vrou dood op toi­let

‘Ek kon niks, niks, niks ont­hou,’ sê hy

Beeld - - Nuus - Na­di­ne Theron

As daar een ding is wat F­red­die van Zyl (42) wil hê men­se moet weet oor sy vrou se dood, is dat I­da­li (39) nie ’n gereelde dwelmgebruiker was nie.

Só het hy gis­ter in S­truis­baai ver­tel na­dat hy Don­der­dag­og­gend in ’n plas bloed in sy huis in B­re­das­dorp wak­ker ge­word het met ’n wond aan sy skou­er en mer­ke aan sy ge­sig.

Sy vrou het hy dood op die toi­let aan­ge­tref waar sy nog met ’n stuk­kie toi­let­pa­pier in haar hand ge­sit het. Daar was braak­sel op die vloer voor haar en haar lip­pe was blou.

“Ek kon niks, niks, niks ont­hou nie,” sê hy.

Hy het op die sit­ka­mer­bank wak­ker ge­word en kon nie goed sien nie, waar­na hy val-val na die slaap­ka­mer toe ge­stap het en weer aan die slaap ge­raak het.

Om­streeks 10:00 het hy vir die twee­de keer wak­ker ge­word van I­da­li se sel­foon wat lui en toe hy op­staan, het hy sy vrou dood in die bad­ka­mer aan­ge­tref.

Hy het sy swa­er ge­bel, wat hom na die to­neel ge­haas het.

Hy sê die po­li­sie het sy stoel aan die een kant en I­da­li se stoel aan die an­der kant van hul eet­ka­mer­ta­fel om­ge­keer op die vloer ge­vind.

’n Leë wyn­bot­tel het in die helf­te ge­breek op die vloer ge­staan.

Daar­in was R5-munt­stuk­ke wat hul­le vir ’n va­kan­sie ge­spaar het.

“Ek het ge­val, lyk my, van die stoel af bin­ne-in die bot­tel. Op die bank lê 2-3 bloed.

“Toe ek wak­ker word van die fo­ne toe sien ek eers my bed is

Dit maak jou net baie lief­de­vol en sê nou ek raak aan jou, dan kry jy hoen­der­vleis.

Fook vol bloed. Hul­le ver­moed as die bot­tel nie my val ge­breek het nie, was ek ook dood,” sê F­red­die.

“Ek moes se­ker kop eer­ste ge­val het. Dis al ver­kla­ring waar­aan ek kon dink.”

Hy moes 20 ste­ke aan sy skou­er kry.

F­red­die is baie ont­steld dat sto­ries ver­sprei word dat hy sy vrou ver­moor het, en dat haar nek ge­breek was.

“Daar was nie ’n mer­kie aan haar nie,” sê hy.

“Ek mis I­da­li, ek is leeg,” hou hy vol.

Al­bei van hul­le het voed­sel­aan­vul­lings ge­drink vir ont­byt en mid­dag­e­te om­dat hul­le op ’n di­eet was.

Hy­self het t­wee bot­tels wyn ge­drink en I­da­li een.

Die laas­te ding wat F­red­die kon ont­hou van die vo­ri­ge aand was toe I­da­li ’n bood­skap kry dat F­red­die se sus­ter, Ma­re­tha Jam­neck, ’n groei­sel uit haar baar­moe­der laat ver­wy­der het en dat dok­ters ge­sê het dat dit nie kan­ker was nie.

“Kry vir ons nog ’n bot­tel wyn, Ma­re­tha is skoon,” het I­da­li glo toe ge­sê.

“Ons het lek­ker ge­kui­er, ons het mu­siek ge­maak op YouTu­be,” sê F­red­die.

Hy sê ’n na­dood­se on­der­soek het ge­toon dat I­da­li aan ’n oor­do­sis dwelms ge­sterf het.

Vol­gens lt.kol. An­drè Traut, ’n po­li­sie­woord­voer­der, word geen mis­daad in dié s­ta­di­um ver­moed nie en sal die be­son­der­he­de van die na­dood­se on­der­soek la­ter be­kend ge­maak word.

’n Bron na aan die on­der­soek het be­ves­tig dat I­da­li nie be­se­rings op­ge­doen het nie.

F­red­die sê hy en I­da­li het daar­die aand be­sluit om elk­een so­wat 4 ml van die dwelm “Li­quid G” te ge­bruik.

Hul­le het dit by vrien­de in ’n ou wa­ter­bot­tel ge­kry en dit met rooi aan­maak­koel­drank ge­meng om­dat dit glo baie sleg smaak.

Die paar­tjie het die dwelm al en­ke­le ma­le van­te­vo­re ge­bruik.

“Dit was van die bes­te tye nog ooit,” sê F­red­die oor die vo­ri­ge keer toe hy en I­da­li die dwelm ge­bruik het.

“Dit sit jou op ’n goeie tyd vir 3 tot 4 uur. Dit maak jou net baie lief­de­vol en sê nou ek raak aan jou, dan kry jy hoen­der­vleis.”

I­da­li wou aan­vank­lik nie die dwelm Woens­dag­aand ge­bruik nie, maar om­dat hul­le vir ’n hof­saak voor­be­rei het, was hul kin­ders by Jam­neck en het die paar­tjie be­sluit om te braai en te kui­er.

Soos Rap­port vroe­ër be­rig het, volg dié voor­val en­ke­le dae voor­dat die eg­paar en F­red­die se pa, Rex, in die han­dels­hof in Bell­vil­le moes ver­skyn het in ver­band met F­red­die se twee­de­hand­se mo­tor­be­dryf op B­re­das­dorp.

F­red­die sê dat hy men­se wil waar­sku teen e­ni­ge dwelms.

“Dwelms was daar nooit in ons huis nie,” sê hy.

“Dit was ’n on­ce-off. Sy was nie ’n d­rug­gie nie.”

“Hul­le het se­ker die mooi­ste hu­we­lik ge­had wat ek ken,” sê Jam­neck.

“Ons was gen­ui­ne ge­luk­kig,” sê F­red­die. Hul­le sou op 22 Sep­tem­ber, op I­da­li se 40ste ver­jaar­dag, tien jaar lank ge­troud ge­wees het.

F­red­die en I­da­li van Zyl

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.