Taxi­aan­val­lers aan Rand ge­jag

KORTLIKS

Beeld - - Nuus - – A­let Jou­bert

Die po­li­sie in Gau­teng het ’n be­lo­ning aan­ge­bied vir in­lig­ting wat kan lei tot die in­heg­te­nis­ne­ming van ver­skeie mis­da­di­gers ver­ant­woor­de­lik vir die ont­voe­ring, roof en reeks­ver­krag­ting van vroue wat mi­ni­bus­taxi’s ge­bruik.

Sa­ke is van Al­ber­ton aan die Oos-Rand tot in Ho­ney­dew aan die Wes-Rand aan­ge­meld. Meer as 20 voor­val­le word se­dert Maart deur ’n span speur­ders on­der­soek.

’n Slag­of­fer van Florida het t­wee ver­dag­tes met be­hulp van kring­te­le­vi­sie­beeld­ma­te­ri­aal gei­den­ti­fi­seer. Die po­li­sie het die pu­bliek ge­vra om na vo­re te kom as hul­le die mans op die fo­to kan i­den­ti­fi­seer.

Die Gau­teng­se po­li­sie­kom­mis­sa- ris het in Maart ’n span speur­ders aan­ge­stel om die sa­ke te on­der­soek.

Die ro­wers, ge­woon­lik in ’n groep van t­wee of drie, val die slag­of­fers aan so­dra hul­le in ’n mi­ni­bus­taxi klim. Die slag­of­fers word dan met ’n vuur­wa­pen aan­ge­hou, ont­voer en be­roof van hul sel­foon en bank­kaar­te. Die vrou­e­slag­of­fers word na af­ge­leë plek­ke ge­vat waar hul­le in die be­we­gen­de voer­tuig ver­krag word.

Van die sa­ke da­teer van Maart 2016.

Die on­der­soek­span het tot dus­ver vier men­se aan­ge­keer.

In­lig­ting kan aan die po­li­sie by 08600 10111 ver­skaf word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.