Een­ja­ri­ge, nog t­wee sterf in bran­de

Beeld - - Nuus - – Ren­eil­we Dhludhlu

’n Een­ja­ri­ge kind en t­wee vol­was­se­nes is die na­week in t­wee bran­de in Jo­han­nes­burg dood.

In Mar­l­boro, Sand­ton, is meer as 100 sink­hui­se Sa­ter­dag­aand in ’n brand ver­woes.

Die Jo­han­nes­burg­se nood­diens is om­streeks 20:00 na die brand op die hoek van Vier­de en Vyf­de Laan ont­bied.

Ro­bert Mu­lau­d­zi, die brand­weer se woord­voer­der, sê die brand het 120 sink­hui­se ver­nie­tig en ’n een­ja­ri­ge kind is dood weens rook­i­na­se­ming en brand­won­de. Vol­gens Mu­lau­d­zi is 1 000 men­se son­der ’n heen­ko­me weens die brand.

“Die oor­saak van die brand is nog on­be­kend en ons brand­on­der­soek­span on­der­soek dit.”

Die t­wee vol­was­se­nes is gis­ter­og­gend in ’n brand in ’n in­for­me­le ne­der­set­ting in Dan Pie­naar­ry­laan in Ei­ken­hof, in die sui­de van Jo­han­nes­burg, dood.

Vol­gens An­ni­ne Sid­dall, ER24woord­voer­der, het pa­ra­me­di­ci kort ná 09:00 op die to­neel aan­ge­kom. “Pa­ra­me­di­ci het ge­wag dat die brand ge­blus word. Toe dit vei­lig was om in te gaan, is daar op t­wee ver­kool­de ly­ke af­ge­kom.”

Dit is on­se­ker wan­neer die sink­huis aan die brand ge­raak het nie, sê sy. Die po­li­sie stel on­der­soek in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.