Pas­ge­bo­re ba­ba le­wend in as­blik ge­kry

Beeld - - Nuus - – Ren­eil­we Dhludhlu

’n Pas­ge­bo­re ba­ba is le­wend in ’n vul­lis­blik in O­lie­ven­hout­bosch, Cen­tu­ri­on, ge­vind.

Vol­gens Nick Dol­l­man, Ne­t­ca­re 911-woord­voer­der, is pa­ra­me­di­ci Sa­ter­dag om­streeks 10:00 na die po­li­sie­kan­toor ont­bied om die ba­ba te be­han­del. Hy sê die ba­ba het a­sem­ha­lings­pro­ble­me er­vaar.

Die ba­ba is om­streeks 09:00 deur ’n ver­by­gan­ger in ’n plas­tiek­sak in ’n as­blik in die bos­se na­by die R55-pad ge­vind.

“Hy het die ba­ba na ’n na­by­ge­leë kerk ge­neem waar die ba­ba in ’n kom­bers toe­ge­draai is en na die plaas­li­ke po­li­sie­kan­toor ge­neem is,” sê Dol­l­man.

Dit blyk dat die ba­ba die vo­ri­ge aand in die as­blik ge­gooi is. Hy was nog aan die pla­sen­ta ge­heg toe hy ge­vind is.

Dol­l­man sê die ba­ba is vir hi­po­ter­mie be­han­del en op die to­neel ge­sta­bi­li­seer voor­dat hy na die Kala­fong-hos­pi­taal ge­neem is vir ver­de­re be­han­de­ling.

Die po­li­sie on­der­soek ’n klag van kin­der­ver­waar­lo­sing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.