Tal­le kry sig te­rug vir Man­de­la­dag

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

Meer as 30 men­se sal op Man­de­la­dag met nu­we oë na die wê­reld kan kyk.

’n Span dok­ters en ’n nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sie (NRO) het die na­week ka­ta­rak­o­pe­ra­sies ter her­den­king van Ma­di­ba uit­ge­voer.

“Dié o­pe­ra­sies is werk­lik le­wens­ver­an­de­rend en het ’n groot maat­skap­lik-e­ko­no­mie­se im­pak,” sê dr. Is­mail Din­dar, wat gis­ter en eer­gis­ter saam met sy span des­kun­di­ges hul deel vir die ge­meen­skap ge­doen het.

Din­dar en sy span by die Le­na­sia-ge­meen­skaps­ge­sond­heid­sen­trum werk die af­ge­lo­pe t­wee jaar met die South A­fri­can Life Im­pro­vement Cha­ri­ta­ble Trust (Sa­lict) saam.

“Ons man­daat is om die le­wens­om­stan­dig­he­de van men­se in die ge­meen­skap­pe waar­by ons be­trok­ke is, te ver­be­ter en ons borg dié Man­de­la­dag ’n by­ko­men­de 30 ka­ta­rak­o­pe­ra­sies,” sê Ra­jesh Ram­dass van Sa­lict.

“Ons borg ook kor­nea-oor­plan­tings en ons uit­ein­de­li­ke doel­wit is om ’n by­drae te le­wer tot die uit­wis­sing van voor­kom­ba­re blind­heid teen 2025,” sê hy.

Ná sy o­pe­ra­sie het A­bel Ma­kan­de (69) ge­sê hy het ver­le­de jaar baie be­gin suk­kel om sy werk te doen.

“Dit voel as­of daar ’n wolk­bank voor jou oë is. My sig het sta­dig maar se­ker al hoe swak­ker ge­word.

“Ek is ver­baas oor hoe vin­nig die o­pe­ra­sie was en kan nie wag om te sien wat­ter ver­skil dit in my le­we maak nie.”

Din­dar sê die Le­na­sia-Suid­hos­pi­taal, Sa­lict en die re­ge­ring het ver­le­de jaar be­gin saam­werk.

“Dit is ’n won­der­li­ke ma­nier om vir Man­de­la­dag te pro­beer te­rug­gee en men­se te in­spi­reer,” sê hy.

“Die toe­rus­ting wat ons ge­bruik, word ge­borg en is van eer­ste­klas-ge­hal­te, maar ek het ook ont­set­tend baie lof vir my span, wat hul tyd af­staan om die o­pe­ra­sies gra­tis te doen.”

T­wee of drie dok­ters, by­ge­staan deur te­a­ter­per­so­neel­le­de, doen die o­pe­ra­sies.

“Ons pro­beer Nelson Man­de­la se waar­des met dié i­ni­si­a­tief uit­leef en pro­beer ook so­veel moont­lik o­pe­ra­sies voor Man­de­la­dag doen so­dat die pa­si­ën­te die dag kan ge­niet en waar­deer.

“Die pa­si­ën­te wat ons hier sien, het ui­ter­aard nie ’n me­die­se fonds nie en is op ’n wag­lys, so ons pro­beer die pro­ses be­spoe­dig om hul­le sig te gee.”

Ka­ta­rak­te kan ’n groot ver­lies aan sig of selfs al­ge­he­le blind­heid ver­oor­saak.

Vol­gens Din­dar duur sul­ke o­pe­ra­sies, wat ge­woon­lik baie duur is, e­nig­iets tus­sen 15 en 20 mi­nu­te en word dit on­der plaas­li­ke ver­do­wing ge­doen.

“Die pa­si­ënt is ten vol­le by sy be­wus­syn en die on­ge­mak is min­der as wan­neer jy jou tan­de laat kroon,” sê Din­dar.

“Ka­ta­rak­te is een van die al­ge­meen­ste oor­sa­ke van om­keer­ba­re blind­heid. Die e­nig­ste ma­nier om te be­gryp wat­ter ver­an­de­ring dit in men­se se le­we kan te­weeg­bring, is om hul re­ak­sie eer­ste­hands te aan­skou wan­neer hul­le weer be­hoor­lik kan sien.

“As ie­mand nie kan sien nie, kan hul­le nie met hul daag­lik­se roe­ti­ne voort­gaan nie. Ie­mand moet ge­woon­lik vir hul­le sorg, wat be­te­ken jy ver­loor min­stens t­wee po­ten­si­ë­le brood­win­ners.” ) Sa­lict is in 2012 ge­stig en het se­dert­dien met die steun van Rand Mer­chant Bank en pri­va­te per­so­ne meer as 1 100 ka­ta­rak­o­pe­ra­sies in min­der­be­voor­reg­te ge­meen­skap­pe gra­tis uit­ge­voer.

Die or­ga­ni­sa­sie werk ook in ven­noot­skap met die St. John-oog­hos­pi­taal en die Na­tal­spruit-, die K­wamhlan­ga-, die Mid­del­burg- en die C­har­lot­te Maxe­ke-hos­pi­taal.

Fo­to: LI­SA HNATOWICZ

Sus­ters E­li­za­beth S­mith en K­hum­bu­d­zo Nets­hit­hut­hu­mi help A­bel Ma­kan­de (69) ná sy o­pe­ra­sie op die been.

Fo­to: LI­SA HNATOWICZ

Dok­ters ver­wy­der ka­ta­rak­te van A­bel Ma­kan­de se oog en plaas ’n nu­we lens in die oog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.