Ram­say staan bont ná 2 se gas­ver­gif­ti­ging

Beeld - - Nuus -

Die sjef Gor­don Ram­say moet nou bont­staan om te ver­dui­de­lik hoe dit ge­beur het dat t­wee per­so­neel­le­de Sa­ter­dag­og­gend vroeg in sy Lon­den­se re­stau­rant ver­moe­de­lik kool­stof­mon­ok­sied­ver­gif­ti­ging op­ge­doen het.

Die Dai­ly Mail be­rig woon­stel­le wat aan Ram­say se re­stau­rant in Lon­den grens, moes ont­ruim word na­dat ie­mand die fout be­gaan het om ’n smeu­len­de braai­er in die re­stau­rant te sit.

Dit het blyk­baar ge­beur toe die re­stau­rant al vir die aand ge­sluit is.

T­wee brand­weer­wa­ens en ’n am­bu­lans is na die to­neel ont­bied na­dat ’n a­larm af­ge­gaan het.

Een oog­ge­tuie het aan die Dai­ly Mail ge­sê die ko­le in die braai­er het nog ge­smeul toe “die een of an­der i­di­oot” dit by die re­stau­rant in­ge­neem het.

T­wee per­so­neel­le­de is vir moont­li­ke kool­stof­mon­ok­sied­ver­gif­ti­ging be­han­del.

Lon­den se brand­weer­diens het be­ves­tig sy per­so­neel moes ’n braai­er uit die re­stau­rant ver­wy­der.

Die re­stau­rant­groep sê die re­stau­rant se be­stuur­der het die nor­ma­le pro­se­du­res ge­volg om die eet­plek toe te sluit toe die a­larm af­gaan.

Men­se is glo as ’n voor­sorg­maat­re­ël uit die woon­stel­le ver­wy­der.

Die mu­ni­si­pa­li­teit on­der­soek die voor­val, be­rig die Dai­ly Mail.

Fo­to: TWITTER

Die sjef Gor­don Ram­say.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.