Min­stens 8 dood in storm­loop in sok­ker­sta­di­on

Beeld - - Nuus -

Min­stens agt men­se is Sa­ter­dag dood in ’n storm­loop in die Dem­ba Di­op-sok­ker­sta­di­on in Da­kar, hoof­stad van Se­ne­gal, en nog 49 is be­seer toe ’n muur op hul­le ge­val het.

Die BBC be­rig ge­veg­te het in die laas­te mi­nu­te van ’n sok­ker­wed­stryd tus­sen on­der­steu­ners van S­ta­de de M­bour en U­ni­on S­por­ti­ve Ou­a­kam uit­ge­breek.

Die po­li­sie het die ska­re uit­een pro­beer jaag met traan­gas, wat pa­niek ge­saai en tot die storm­loop en die in­een­stor­ting van die muur ge­lei het.

Ma­tar Ba, die Se­ne­ga­le­se mi­nis­ter van sport, het die voor­val te­le­fo­nies be­ves­tig. ) Min­stens 17 men­se het in Fe­bru­a­rie in ’n storm­loop in An­go­la om­ge­kom toe on­der­steu­ners ’n sta­di­on be­storm het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.