ANC net soos ’n ver­war­de man­ne­tjie­vis

Beeld - - Kommentaar - Blou­wil­le­maan­dag

Ek het hier­die week weer be­sef hóé hol­der­ste­bol­der-deur­me­kaar ons ou wê­reld is toe ek lees van die vis­se wat as ge­volg van al die che­mi­ka­lieë wat saam met voor­be­hoed­mid­dels in die ri­vie­re be­land nie meer weet of hul­le vis of vlees is nie en man­li­ke vis­se nou selfs ei­ers pro­du­seer!

Vol­gens dié sto­rie het 20% man­li­ke vis­se op 50 plek­ke vroue-ei­en­skap­pe, en dan praat hul­le nie van die Bon Ac­cord­dam, Har­ties of Mok­kies­dam nie – nee, hul­le praat van plek­ke in ’n vis se lyf.

En daai’s toe vir my net so ’n ver­ras­sing, want wie sou kon dink dat ’n vis so­veel plek­ke het?

My raai sou so drie ge­wees het, soos ’n op­stel: ’n be­gin, ’n mid­del en ’n ein­de.

Ek kon daar­van nie kop of stert uit­maak nie, maar dat dié brok­kie nuus vir Dik Daan en oom John­ny aan die po­li­tiek laat dink het, dít was vir my éérs ’n oog­oop­ma­ker­tjie.

Oom John­ny re­ken be­hal­we dat die re­ge­ren­de par­ty, soos ’n vis, van sy kop af on­der­toe vrot word, is daar vir hom baie oor­een­koms­te tus­sen die ANC en die ar­me ge­slags­ver­war­de vis­se.

Al­bei oor­leef op die oom­blik net-net, al le­we hul­le per­ma­nent in ’n ge­mors, al­bei is ewe glib­be­rig en weet nie meer wat hul­le is of was of vo­ren­toe gaan word nie, al­bei kyk kant toe en sien nie die ge­vaar van voor af aan­kom nie, is skub­be­rig en dik­vel­lig en as hul­le wel ’n rug­graat het, is dit on­sig­baar.

“Ja, my oom,” las Dik Daan toe by, “die e­nig­ste ver­skil is dat ’n vis net vo­ren­toe kan gaan en die ANC net ag­ter­toe. En soos die vis­se staan die ANC’s nou tou om ge­vang te word om uit dié tok­sie­se spul te kan ont­snap. Praat van ’n par­ty son­der ’n toe­koms­vis­sie!”

My ou­ma Bet­ta het (ja­re voor oom Paul van Hert­zog­vil­le), toe die Be­at­les en Rol­ling S­to­nes op die to­neel ver­skyn het, ge­sê daai’s nou die te­kens van die eind­tye.

Wat sy sou sê as sy moes weet van die man­ne­tjies­vis­se wat ei­ers lê en van ons ou land­jie se nu­we aak­li­ge skei­sta­tis­tie­ke wat be­kend ge­maak is, weet ek nie (nie dat die vis­se nood­wen­dig met laas­ge­noem­de iets uit te waai het nie, maar dit is nou maar een­maal so dat vis­vang en hu­we­li­ke nie nood­wen­dig goeie bed­maats is nie.)

Dik Daan se buur­vrou het een­dag by sý wat Daan is se an­ner helf­te­tjie ge­kla dat haar man el­ke lie­we na­week gaan vis­vang.

“Dink jy nie hy het dalk ’n a­vê­re (dis nou ’n A­fri­kaan­se “af­fair”) aan nie?” vra Daan se vrou­tjie ver­sig­tig.

“Nee, de­fi­ni­tief nie,” ant­woord buur­vrou toe baie be­slis, “dan sou hy el­ke keer vis huis toe ge­bring het.”

Ja, swa­er, am­per het ons nooit eens vis ge­had nie.

No­ag het mos gaan vang, maar was ná ’n half­uur on­ver­rig­ter sa­ke te­rug, want hy’t ge­luk­kig net t­wee wurms ge­had.

Al­bei is ewe glib­be­rig en weet nie meer wat hul­le is of was of vo­ren­toe gaan word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.