Vrag­mo­tors ’n nag­mer­rie

Beeld - - Kommentaar - Hans Kir­sten, Brum­me­ria

Ons was t­wee we­ke in Umhlan­ga.

Die reis heen en weer was werk­lik ’n nag­mer­rie weens die swaar vrag­mo­tors. Baie van die vrag­mo­tor­be­stuur­ders is spoed­vra­te wat hul­le nie aan pad­te­kens steur nie.

Die snel­perk sê dui­de­lik 100 km/h. Ag­ter­op die lor­rie is ’n te­ken dat die vrag­mo­tor nie 100 km/h mag oor­skry nie. Hier­aan steur baie hul­le min. Hul­le kom regs van jou ver­by ge­snel dat dit lyk as­of dié wat by die snel­perk hou, stil­staan. Dan word die pad- te­ken ook ver­ont­ag­saam wat dui­de­lik wys dat swaar voer­tuie nie aan die reg­ter­kant mag ver­by­steek nie.

Die Dur­ban-P­re­to­ria-roe­te word oor­heers deur vrag­mo­tors. Met die pad­ge­drag van som­mi­ge van die groot mon­sters het ek be­sef jy dob­bel met die dood deur die pad aan te durf!

Daar was op­sig­te­lik baie ver­keers­po­li­sie­voer­tuie, maar ek het nie een keer ge­sien dat hul­le op­tree teen die wets­oor­tre­ders nie. Ja, daar was baie ket­ting­bot­sings, en dan is hul­le gou op die to­neel. A nee a!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.