By­bel is vir men­se op aar­de ge­skryf

Beeld - - Kommentaar - Han­no den Boer, Riet­val­lei­rand

Jan Ven­ter ver­wys na die ont­sag­li­ke groot­te van die heel­al en vra dan of God werk­lik die mens as die kroon van Sy skep­ping ge­maak het (14.7).

As ’n mens aan God dink as net ’n su­per­mens, soos die G­riek­se go­de, is dit ’n gel­di­ge vraag. Die wa­re God het eg­ter nie sul­ke be­per­kin­ge nie: God het ruim­te self ge­skep, en daar­om is groot­te ir­re­le­vant. Ons ver­hou­ding met Hom hang nie af van of ons groot ge­noeg is dat Hy ons kan sien nie, Hy sien selfs die a­to­me in ons lyf. Ons is die kroon van die skep­ping om­dat ons kan na­dink, din­ge maak en in ’n ver­hou­ding met ons Skep­per leef.

On­ge­luk­kig het ons in op­stand ge­kom en be­gin dink ons het God nie no­dig nie. Ons ver­werp sy mo­re­le voor­skrif­te en dan won­der ons hoe­kom die wê­reld ’n ge­mors is. Wat be­tref le­we op an­der pla­ne­te, ons kan dit be­spreek die dag as ons dit vind. Die By­bel is vir men­se op aar­de ge­skryf, nie vir bui­te­ruim­se le­we nie.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.