Dié ge­deel­de er­fe­nis van ons so­veel gro­ter as ‘om te braai’

Beeld - - Boeke - Al­most Hu­man Lee Ber­ger JONATHAN BALL, R295

Nie­fik­sie Die ja­loe­sie teen­oor men­se soos Lee Ber­ger en na­tuur­lik sy on­ge­ken­de suk­ses in die pa­le­on­to­lo­gie se­dert 2008 is ver­stom­mend. Is dit om­dat hy Wits se reu­se-in­stap­kluis vol­ge­maak het met dui­sen­de fos­sie­le, soos nie­mand voor hom nie?

Dit is ver­al in Suid-A­fri­ka waar som­mi­ge le­de van die me­dia, as­ook a­ka­de­mi­ci – bin­ne en bui­te pa­le­on­to­lo­gie – Ber­ger kri­ti­seer dat hy ’n “self­aan­ge­stel­de pop­ster” is. Of dan die he­le tyd sou “spog” oor wat hy reg­ge­kry het. En steeds ver­mag.

Dít is ’n een­di­men­si­o­ne­le, on­kun­di­ge en na­ïe­we blik op we­ten­skap­kom­mu­ni­ka­sie en die ma­nier hoe na­vor­sing met men­se ge­deel be­hoort te word. As­ook on­be­grip van pa­le­on­to­lo­gie en die ryk er­fe- nis van fos­sie­le wat Ber­ger vir Suid-A­fri­ka en die wê­reld na­laat. Die mees­te pa­le­on­to­loë vind nooit ’n ho­mi­nied­fos­siel nie, wat nog te sê van dui­sen­de.

Die mees­te a­ka­de­mi­ci in SuidA­fri­ka doen goeie we­ten­skap, maar van hul­le is soos grys kat­te wat in die son lê en net wak­ker word vir kon­gres­se oor­see en kon­fe­ren­sies. Min kom­mu­ni­keer hul we­ten­skap be­hoor­lik. Dit is jam­mer. En min is be­reid om met ve­le me­de­wer­kers saam te werk en hul ma­te­ri­aal met al­mal reg oor die wê­reld gra­tis te deel. Dit is juis be­lang­rik, en hoe­kom moet Ber­ger hier­voor ge­kri­ti­seer word?

Men­se is meest­al soos eek­ho­rings, ver­al in die a­ka­de­mie: Hul­le stop die mond vol neu­te en hol daar­mee weg. Maar die neu­te word vrot, ver­dwyn en nie­mand an­ders kry kans by die buf­fet nie. Wan­neer Ber­ger aan­kon­di­gings doen, word dit ge­lyk­ty­dig ge­doen met ste­wi­ge a­ka­de­mie­se be­wy­se in por­tuur­e­va­lu­a­sie. Soos dit hoort.

Na­dat hy be­sef het nie­mand soek al vir de­ka­des lank meer na nu­we ho­mi­nied­fos­sie­le in die Wieg van die Mens­dom nie, het hy nu­we veld­werk be­gin. Met ’n u­nie­ke stel­sel wat hy self ont­wik­kel het, en na­tuur­lik het hy hom ge­sig eer­ste teen “die sis­teem” vas­ge­loop wat nie wou ver­an­der nie. Hul­le het in bok­se ou be­ne ge­sit en krap.

Dit is hoe hy Aus­tra­lo­pit­he­cus se­di­ba ont­dek het. Wat ’n ont­dek­king! Dit het Suid-A­fri­kaan­se we­ten­skap t­wee keer op die voor­blad van die voor­ste vak­joer­naal S­cien­ce laat pryk, as­ook ’n spe­si­a­le uit­ga­we die lig laat sien.

Moe­nie te veel daar­van maak dat sy ne­ge­ja­ri­ge seun die eer­ste Se­di­ba-been raak­ge­sien het nie. Dit is ou­lik, maar Ber­ger het ge­weet waar om te soek. Ook met die eer­ste be­ne van Ho­mo na­le­di wat in die Ri­sing Star-grot­stel­sel ge­vind is, het Ber­ger ge­vra dat die a­rea ge­fyn­kam moet word.

Vir som­mi­ges is dit dalk vreemd dat National Ge­o­graphic die boek uit­ge­gee het. Dit is nie. Ber­ger is een van ’n hand­vol men­se ter wê­reld met die ti­tel National Ge­o­graphic Ex­plo­rer-in-Re­si­den­ce. Die voor­deel daar­van is gel­de­li­ke steun (uit A­me­ri­ka) vir sen­dings, soos om die fos­sie­le te be­stu­deer en op te gra­we en die hulp om van die bes­te kun­di­ges ter wê­reld in diens te neem ty­dens eks­pe­di­sies.

Son­der National Ge­o­graphic se geld sou daar­die fos­sie­le nog net so in die Ri­sing Star-grot­stel­sel ge­lê het.

Die Ri­sing Star-grot­stel­sel waar die Ho­mo na­le­di- fos­sie­le ge­vind is, is nou die groot­ste en­ke­le fos­siel­ter­rein in A­fri­ka, met die mees­te in­di­vi­due wat nog op een plek ge­vind is – min­stens 18. En die op­gra­wings by die ter­rein waar Au. se­di­ba ge­vind is, duur steeds voort.

Hier­die is ’n fos­sie­ler­fe­nis, gro­ter as wat e­ni­ge an­der pa­le­on­to­loog ter wê­reld nog ge­vind en ge- lei het.

Dit is op ons bo­dem. Ons er­fe­nis, en ons be­hoort daar­op en op Ber­ger en sy span trots te wees. Suid-A­fri­ka se fos­sie­ler­fe­nis en ons ge­deel­de her­koms be­hoort ons men­se ook te ver­soen. Daar is geen gren­se nie, wat ons deel is in ons bloed en is so­veel die­per as “om te braai”.

Ber­ger en kol­le­ga John Ha­w­kes ver­tel dié ver­haal in ’n ge­mak­li­ke skryf­styl wat moei­li­ke pa­le­on­to­lo­gie heer­lik ver­dui­de­lik. Die boek is al ver­le­de jaar in A­me­ri­ka uit­ge­gee en dus is die jong­ste be­vin­dings oor die twee­de grot­ka­mer en die uit­slag van die ou­derdom­toet­se wat van­jaar be­kend ge­maak is nie deel van die boek nie.

Dit is nie Ber­ger se eer­ste boek nie, en soos sy ve­le vo­ri­ge boe­ke, on­der meer In The Foot­steps of Eve (2001); The Of­fi­ci­al Field Guide to the Crad­le of Hu­man­kind (2002) en The S­kull in the Rock (2015) plaas hul­le al die a­ka­de­mie­se ar­ti­kels in een lees­ba­re boek.

Dit stel vrae oor die her­koms van die mens se ge­nus Ho­mo en waar ons van­daan kom. Wie is ons en wie was ons nig­gies en ne­fies? En is daar dalk nog om ont­dek te word? Daar is ook vrae oor die mens se kog­ni­sie, en hoe en waar kom­plek­se den­ke be­gin het.

Dit is moei­lik vir som­mi­ge men­se om te dink dat daar an­der spe­sies van die mens op aar­de was en dat die mo­der­ne mens die e­nig­ste een is wat tot so­ge­naam­de ge­vor­der­de den­ke in staat is. Dit nie so nie. Die stam­boom van die le­we en dié bos se ver­tak­kings be­wys die teen­deel, om­dat geen spe­sie li­ne­êr ont­wik­kel nie.

Ber­ger en sy span is nog lank nie klaar nie. Die be­lof­te wat die kar­te­ring van an­tie­ke DNS in­hou, reeds nou en in die toe­koms, nóg fos­siel­ont­dek­kings hier en in die res van A­fri­ka, en die be­lof­te van die on­be­ken­de maak dié veld op ons eie bo­dem ’n a­von­tuur. ) El­sa­bé B­rits is ’n spe­si­a­lis-we­ten­skap­joer­na­lis by Net­werk24.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.