Moei­li­ke stryd toe gay le­raar lief­de vind

Beeld - - Boeke -

Re­ën­boog rou­let­te Sa­net Vil­joen NA­LE­DI, R175

Gay men­se en die kerk sorg al ja­re lank vir koe­rant­plak­ka­te op lamp­pa­le, en dié fik­tie­we ver­haal le­wer so­si­a­le kom­men­taar daar­op wat in kort op­ge­som kan word as: Die kerk moet by­kom.

As jy nie saam­stem nie, gaan die sto­rie jou se­ker nie oor­tuig nie, maar dalk plant dit ’n saad­jie van em­pa­tie vir die stryd waar­mee ver­al gay ge­lo­wi­ge men­se sit.

Ver­wer­ping en ver­oor­de­ling is vir hul­le al­le­daags en eis on­ge­twy­feld ’n tol, soos wat in pyn­li­ke de­tail in hier­die ver­haal uit­een­ge­sit word.

Vil­joen se ag­ter­grond as psi­gi­a­trie­se ver­pleeg­kun­di­ge het haar be­slis ge­help om die t­wee baie uit­een­lo­pen­de gay vrou­e­hoof­ka­rak­ters te skep.

Bar­bet­te le Roux is ’n ge­lo­wi­ge pre­di­kant wat self skop teen hoe sy ge­skep is en so graag wil leef soos die kerk vir haar voor­skryf, al be­te­ken dit ’n een­sa­me, vaal le­we.

Sy moes ge­wel­di­ge op­of­fe­rings maak ter wil­le van haar pas­sie om pre­di­kant te word en sy voel haar­self ge­roe­pe. As kind is sy deur ’n mis­te­ri­eu­se wel­doe­ner uit ’n brand ge­red en toe sy as stu­dent be­sef sy is gay, sweer sy om se­li­baat te bly.

Wan­neer Bar­bet­te dan hals­oor­kop ver­lief raak op ’n veel jon­ger vrou, be­gin ’n wor­ste­ling met reu­se-e­mo­sies wat by self­dood gaan draai.

Son­ja is die jon­ger vrou met ’n hag­li­ke ver­le­de vol van die vies­lik­ste sek­su­e­le mis­han­de­ling wat jy jou kan voor­stel.

Hoe­wel sy die twee­de hoof­ka­rak­ter is, het ek haar as meer kom­pleks en in­te­res­sant er­vaar. Dis on­dui­de­lik of Son­ja vroue ver­kies om­dat dit haar wa­re voor­keur is en of dit om­stan­dig­he­de en ver­trou­ens­kwes­sies met mans is wat haar in vroue se arms in dryf.

Ek dink nie Vil­joen wil in­si­nu­eer dat gay-wees soms ’n on­ge­luk­ki­ge oor­saak het nie – eer­der net dat sek­su­a­li­teit ’n baie kom­plek­se ding is wat van mens tot mens kan ver­skil. ) He­len S­chöer is ’n vry­skut­re­sen­sent van Jo­han­nes­burg en re­dak­teur van Ba­ba & K­leu­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.