Bes­te boek oor ANC in lang tyd?

Beeld - - Boeke - Re­a­sons to Vo­te ANC T­ha­mi T­ha­mi ANVIL PRESS, R50

Toe ek hier­die boek ver­le­de na­week vir my skoon­pa as ge­skenk aan­bied, was hy sig­baar hui­we­rig.

Wat sê ’n mens nou weer van ge­ge­we per­de?

Maar na­dat my skoon­pa ver­by die voor- en ag­ter­blad ge­blaai het en be­hoor­lik van die in­houd van dié boe­kie ken­nis ge­neem het, het din­ge vir hom be­gin sin maak.

Want Re­a­sons to Vo­te ANC, met die sub­ti­tel An In-depth Guide, speel ook be­son­der goed met die En­gel­se spreek­woord: “Don’t jud­ge a book by it’s co­ver.”

Op die voor­blad ba­suin ene J. Sk­hosa­na dit uit as “com­pre­hen­si­ve” en die ag­ter­blad lys ’n he­le paar lof­pry­sin­ge, on­der meer: “In­cre­di­bly well re­se­ar­ched” en “Thoug­ht pro­vo­king”.

Nou, stof tot na­den­ke is dit be­slis . . .

Son­der om die ou­teur, wat as ’n skry­wer, ak­ti­vis en st­rug­gle­his­to­ri­kus be­skryf word, se sto­rie weg te gee, moet ’n mens se­ker sê dié boek is baie Zen.

Dalk die zen­ste boek oor po­li­tiek wat jy nóg in jou han­de vas­ge­hou het.

Lees jy dalk in die nuus dat die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee wéér ’n drin­gen­de pow wow het om die toe­koms van Nr. 1 te be­spreek? Dan is dit hier­die boe­kie waar­mee hul­le vo­ren­dag kom.

Maar nie net dit nie, die boek se in­houd is waar­skyn­lik net so ’n goeie op­som­ming van wan­neer ons ge­ag­te en ar­me be­le­ër­de pre­si­dent ver­klaar: “I am going to ap­ply my mind . . . ”

Die voor die hand lig­gen­de in­sig­te skrei ten he­me­le.

N­kand­la val som­mer in plek en jy voel lus om die he­le Gup­ta-clan vir aand­e­te te nooi.

Re­a­sons to Vo­te ANC gaan teen R50 (net-net meer as Nan­do’s se strips and ri­ce) waar­skyn­lik een van die lek­ker­ste uit­ga­wes wees wat jy in ’n lang tyd ge­maak het.

Dalk ’n vin­ni­ge wenk aan die le­ser: Hou jou guns­te­ling­vul­pen by­der­hand om no­tas te maak. ) Jo Prins is die re­dak­teur van Boe­ke24.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.