Vier sterf toe bak­kie en mo­tor na­by Car­le­ton­vil­le bots

Beeld - - Nuus - – Han­ti Ot­to

Vier men­se is dood en een be­seer toe ’n bak­kie en ’n Ford Fies­ta Sa­ter­dag­aand in ’n bot­sing op die R41 bui­te Car­le­ton­vil­le be­trok­ke was.

An­ni­ne Sid­dall, woord­voer­der van die ER24-nood­diens, sê pa­ra­me­di­ci het om­streeks 21:40 op die to­neel, on­ge­veer 20 km bui­te Car­le­ton­vil­le, aan­ge­kom en drie men­se vas­ge­keer in die wrak van die Ford aan­ge­tref.

“T­wee men­se het toe reeds aan hul be­se­rings be­swyk,” sê Sid­dall.

Hoe­wel nood­be­han­de­ling op t­wee be­seer­des toe­ge­pas is, is hul­le ook la­ter dood.

Die be­stuur­der van die bak­kie is na ’n hos­pi­taal ge­bring.

Vol­gens Sid­dall was le­de van die plaas­li­ke o­wer­heid ook op die to­neel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.