Klag­te van die week

Beeld - - Tot u Diens -

Jo­han Wil­lers het Tot u Diens ge­vra om hom te help om sy klag­te oor op te los. “Ek het in A­pril ’n be­spre­king vir De­sem­ber deur Lek­ke­slaap ge­maak. In Ju­nie het ek ’n bood­skap van An­ju­li van Lek­ke­slaap ont­vang waar­in hul­le sê die bly­plek is ver­koop son­der dat hul­le in ken­nis ge­stel is en is nie meer be­skik­baar nie. Ie­mand an­ders by Lek­ke­slaap het ge­sê daar was ’n dub­be­le be­spre­king en dis waar­om die bly­plek nie meer be­skik­baar is nie.” Lek­ke­slaap het al­ter­na­tie­we ver­blyf aan Wil­lers voor­ge­stel. “Die ver­blyf wat Lek­ke­slaap voor­ge­stel het, was nie vir my aan­vaar­baar nie aan­ge­sien dit te ver weg was van waar ek wou wees. In an­der ge­val­le was een­he­de se ge­rie­we nie wat ek wou hê nie of dit was bloot te duur. Na my me­ning be­hoort hul­le een van hier­die duur­der een­he­de teen geen ek­stra kos­te aan my be­skik­baar te maak, maar so­ver wil hul­le niks hier­van weet nie.” Tot u Diens het Lek­ke­slaap ge­vra om op Wil­lers se klag­te kom­men­taar te le­wer. Hul­le be­ves­tig hy het wel in A­pril ’n be­spre­king vir De­sem­ber ge­maak en dat die ei­en­dom wel son­der hul me­de­we­te ver­koop is. On­ge­luk­kig was die be­trok­ke een­heid dus nie meer vir ver­hu­ring be­skik­baar nie. Al­ter­na­tie­we is vir Wil­lers ge­soek, maar aan­ge­sien hy vir 20 dae be­spreek het, was die soek­tog re­de­lik uit­da­gend. Die spe­si­fie­ke ge­rie­we wat hy wou hê, het ver­der by­ge­dra tot die op­ont­houd om ’n al­ter­na­tief te vind. Soos Wil­lers in sy brief ge­noem het, was ge­skik­te op­sies duur­der as wat hy oor­spronk­lik be­taal het. Daar was ook in ’n s­ta­di­um ’n mis­ver­stand tus­sen Wil­lers en Lek­ke­slaap waar die een ge­dink het die an­der gaan na al­ter­na­tie­we bly­plek soek. Na­dat hier­die mis­ver­stand uit die weg ge­ruim is, het Lek­ke­slaap ver­der ge­soek. ’n Al­ter­na­tie­we bly­plek is in­tus­sen vir Wil­lers teen ’n ho­ër ta­rief ge­kry en Lek­ke­slaap het in­ge­stem om die ver­skil in prys te be­taal. Wil­lers het Lek­ke­slaap be­dank vir die pro­fes­si­o­ne­le wy­se waar­op hul­le ’n op­los­sing vir sy pro­bleem ge­vind het. Hy sê hy is in sy nop­pies met die al­ter­na­tie­we bly­plek wat vir hom be­kom is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.