Jy ver­beel jou nie, melk ís duur­der

Beeld - - Sake - Vi­da Booy­sen

Ver­brui­kers ver­beel hul­le nie. Melk­pry­se ís tans ho­ër as ’n jaar ge­le­de.

Maar die goeie nuus is dat die prys waar­skyn­lik nie van­jaar veel meer sal styg nie.

Vol­gens ’n ver­slag deur die Suid-A­fri­kaan­se melk­ver­wer­kers­or­ga­ni­sa­sie het vars melk se rak­prys in die jaar tot ein­de Maart 2017 met 12,4% ge­styg en die prys van bot­ter met ’n ste­wi­ge 26,7%.

Maar die­self­de ver­slag toon ook hoe ver­brui­kers swig on­der fi­nan­si­ë­le druk en min­der sui­wel­pro­duk­te koop as ’n jaar ge­le­de. Ver­ko­pe van ses van die ne­ge melk­pro­duk­te wat in die plaas­li­ke mark ge­mo­ni­tor word, het in die 12 maan­de tot Maart 2017 ge­daal.

Tot 3,3% min­der vars melk en 2,1% min­der lang­le­we­melk is in die 12 maan­de tot Maart van­jaar ver­koop.

Vol­gens dr. Koos Coet­zee, e­ko­noom van die Melk­pro­du­sen­te-or­ga­ni­sa­sie, is daar nie veel ruim­te vir pry­se om van­jaar ver­der te styg nie.

“Dit lyk eg­ter of in­ter­na­si­o­na­le pry­se nog nie hul piek be­reik het nie.”

In die win­ter pro­du­seer koeie ook nor­maal­weg min­der melk en dit het ook ’n in­vloed op voor­raad en prys. Sui­wel­boe­re moet die hoe­veel­heid droë en lak­te­ren­de koeie in hul kud­de ver­sig­tig be­stuur as hul­le melk vir die win­ter wil pro­du­seer. Dit be­hels on­der meer by­ko­men­de win­ter­voer om pro­duk­sie te sti­mu­leer.

“Dit lei tot ho­ër pro­duk­sie­kos­te van melk in die win­ter en die be­dryf be­taal dik­wels ’n pre­mie vir vars melk in dié tyd,” ver­dui­de­lik dr. Chris Lerm, voor­heen ver­bon­de aan Clo­ver en ’n ken­ner van die plaas­li­ke sui­wel­mark.

Die prys van bot­ter het van­jaar skerp met tot 70% op in­ter­na­si­o­na­le mark­te ge­styg, sê Coet­zee.

Ter­self­der­tyd het die prys van af­ge­room­de melk met 12% ge­daal.

Die sty­ging is die ge­volg van vraag- en aan­bod-fak­to­re, ver­dui­de­lik Coet­zee.

“Ver­brui­kers se per­sep­sie oor die ge­sond­heids­voor­de­le van plant­vet­te teen­oor die­re­vet­te is aan die ver­an­der na­ma­te we­ten­skap­li­ke be­wy­se oor die voor­de­le van bot­ter be­kend word.”

Die plaas­li­ke sui­wel­be­dryf be­leef ook tans ’n bot­ter­te­kort, on­der meer weens die ge­wild­heid van die Ban­ting­di­eet, wat ’n hoë vet- en pro­te­ïen-in­na­me voor­staan.

Wan­neer daar ’n om­me­swaai van la­e­vet- na vol­room­pro­duk­te kom, is daar min­der room be­skik­baar waar­mee bot­ter ge­maak kan word, ver­dui­de­lik Coet­zee.

“Pro­du­sen­te­pry­se in Suid-A­fri­ka moe­dig sui­wel­pro­du­sen­te nie aan om ho­ë­vet­melk te pro­du­seer nie om­dat die pre­mie wat vir bot­ter be­taal word nog laag is ver­ge­le­ke met die prys wat vir melk ver­kry word.”

Dit be­te­ken dat plaas­li­ke ver­wer­kers bot­ter teen hoë pry­se in­voer.

“Hoe­wel die voor­raad­vloei na plaas­li­ke klein­han­de­laars dalk nou knap is, is die kan­se dat die se­kon­dê­re be­dryf dit wel sal reg­kry om ge­noeg bot­ter te ver­skaf om in die plaas­li­ke vraag te vol­doen.”

Ja­c­ques van Heer­den, uit­voe­ren­de hoof van regs-, se­kre­ta­ri­ë­le en men­se­hulp­bron­diens­te by Clo­ver, sê daar is in­der­daad ’n taam­li­ke te­kort aan bot­ter in die land en dit is on­se­ker hoe lank dit nog sal voort­duur.

Sy maat­skap­py sal nie som­mer in­voer nie.

“Ons bot­ter het ’n be­we­se re­sep wat oor baie ja­re ont­wik­kel is en aan­ge­sien in­ge­voer­de pro­duk­te nie aan ons ge­hal­te­ver­eis­tes vol­doen nie, is ons hui­we­rig om in te voer.”

Fo­to: ISTOCK

Ver­brui­kers is al hoe meer on­der druk en tot 3,3% min­der vars melk en 2,1% min­der lang­le­we­melk is in die 12 maan­de tot Maart van­jaar ver­koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.