‘S­ter­wen­de goud­be­dryf’ het dalk nog bie­tjie skop

Beeld - - SakeNuus - Frans de K­lerk

Die plaas­li­ke goud­be­dryf word lank reeds ’n s­ter­wen­de be­dryf ge­noem. Die plaas­li­ke my­ne is meest­al diep, oud en word kort-kort ge­kort­wiek deur ’n on­sta­bie­le ar­beids­mag wat óf on­se­ker is oor werk­se­ker­heid óf on­te­vre­de is oor hul ver­goe­ding.

Dit is al­les re­des om nie in die sek­tor te be­lê nie. Maar die ver­le­de het ons ge­leer dat wan­neer spe­ku­lan­te ’n ge­leent­heid raak­sien en die goud­prys en die rand be­gin saam­speel, neem dit nie lank voor die be­leg­gers­pu­bliek op goud fo­kus en die aan­de­le vin­nig tot ho­ër hoog­tes neem nie.

Sien ons dalk die be­ken­de drie­dub­be­le laag­te (moont­lik po­si­tief) aan die ont­wik­kel? Die in­deks het reeds sy kop bo die eer­ste weer­stand, weer­stands­lyn A (1 248 in­deks­pun­te) ge­druk. Die drie­dub­be­le laag­te sal eg­ter eers be­ves­tig wees wan­neer lyn B (1 663 pun­te) in ’n steun ver­an­der. In­dien die for­ma­sie dan aan die gang kom en uit­speel na bo, kan die in­deks be­leg­gers ver­baas en mik na 2 260 pun­te.

Die week­lik­se teg­nie­se gra­fiek het be­trek­king. ) Vir spe­ku­lan­te: Peu­sel so na as moont­lik aan lyn A, ver­hoog bloot­stel­ling bo lyn B, maar ge­bruik 1 181 as keer­ver­lies om ka­pi­taal te be­skerm.

Moont­li­ke plek­ke vir wins­ne­ming voor lyn B is 1 300, 1 337, 1 385, 1 410, 1 486 en 1 509. ) Vir me­di­um­ en lang­ter­myn

be­leg­gers: On­ge­luk­kig be­hoort lan­ger­ter­myn­be­leg­gers eers te wag dat die in­deks bo die 40we­ke- be­we­gen­de ge­mid­del­de (1 320) kon­so­li­deer voor­dat hul­le die gra­fiek aan­trek­lik sal vind. Peu­sel bo die 40-we­ke­be­we­gen­de ge­mid­del­de, ver­hoog bloot­stel­ling bo lyn B, maar hou by die­self­de keer­ver­lies as spe­ku­lan­te.

An­der op­sies om na te kyk as die goud­in­deks styg, is al die plaas­li­ke goud­aan­de­le en dalk die beurs­ver­han­del­ba­re fonds Ne­wGold, wat die rand­goud­prys slaafs na­volg.

Ne­wGold is die kon­ser­wa­tie­wer op­sie om­dat dit nie ge­raak word deur wat in die plaas­li­ke my­ne ge­beur nie, maar as die plaas­li­ke goud­my­ne din­ge reg­kry, en die goud­prys en die rand saam­werk, kan niks by die moont­li­ke sty­gings in goud­myn­aan­de­le kers vas­hou nie. ) No­ta: Die goud­prys daal nou al vyf we­ke lank na­dat be­leg­gers hul rug op die geel me­taal ge­draai het. As hul­le net ef­fens be­gin koop, kan die prys mak­lik tot $1 250 per fyn­ons her­stel. ) Frans de K­lerk is ’n on­af­hank­li­ke teg­nie­se ont­le­der: fdk@tel­kom­sa.net, www.frans­de­klerk. com, T­wit­ter­naam: Tra­derFrans

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.