Staat ‘wil sy in­ter­net­sa­ke saam­smelt’

Beeld - - SakeNuus -

Die sa­me­smel­ting van die staat se teg­no­lo­gie­maat­skap­pye Bro­ad­band In­fra­co en Sen­tec is glo op han­de.

In­ge­lig­tes sê die plan word oor­weeg om toe­gang tot vin­ni­ger in­ter­net oor die vol­gen­de drie jaar te ver­snel. Die bron­ne wou nie ge­ï­den­ti­fi­seer word nie om­dat die plan­ne nog nie o­pen­baar ge­maak is nie.

Die nu­we on­der­ne­ming sal in­ter­net­toe­gang uit­brei na plat­te­land­se ge­bie­de waar men­se nog nie toe­gang het tot die in­ter­net nie.

Bro­ad­band In­fra­co is die land se groot­ste te­le­foon­lyn­groep naas Tel­kom.

Die re­ge­ring “kyk na die ra­si­o­na­li­se­ring van die staat se in­ter­net­ba­tes om die du­pli­se­ring van in­fra­struk­tuur en die man­da­te van staatsmaat­skap­pye te ver­min­der”, sê Siy­a­bu­le­la Qo­za, woord­voer­der van die te­le­kom­mu­ni­ka­sie­mi­nis­te­rie. “Dit sal die uit­brei­ding van mo­der­ne kom­mu­ni­ka­sie­in­fra­struk­tuur en diens­te na meer Suid­A­fri­ka­ners ver­snel.”

Die On­af­hank­li­ke Kom­mu­ni­ka­sie­o­wer­heid van Suid­A­fri­ka het ver­le­de jaar aan­ge­kon­dig ’n nu­we spek­trum vir bre­ë­band­in­ter­net gaan op­ge­veil word.

Dié stap is la­ter deur die de­par­te­ment van te­le­kom­mu­ni­ka­sie be­twis en se­dert­dien kon hul­le nog nie ’n oor­een­koms be­reik nie.

Sel­foon­o­pe­ra­teurs wat ook in­ter­net­toe­gang gee, soos Vo­da­com en MTN, soek spek­trum om hul be­dry­wig­he­de uit te brei en hul in­kom­ste aan te vul om­dat die in­kom­ste uit op­roe­pe be­sig is om te daal. SuidA­fri­ka is ag­ter op dié ge­bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.